Local News

Juffrou Chantell is opgewonde om haar Muise te ontmoet

Chantell van Staden is van Januarie af in beheer van die Muise by Akademie Reformia se Kleinbegin Pre-Primêre skool.

POLOKWANE – In Akademie Reformia se Muise-klas is die kinders net-net groter as ‘n muis.

Hierdie groep is die jongste groep kinders by Kleinbegin Pre-Primêr en het ‘n spesiale juffrou nodig om na hulle om te sien.

Chantell van Staden is van Januarie af in beheer van die Muise en sy is opgewonde om die peuters te ontmoet.

“Ek geniet die interaksie met die jonger kinders baie. Dit is waar my hart lê en in 2015 het ek die besluit geneem om deel van hulle toekoms te word.”

Tot baie onlangs was Chantell betrokke by die gr. R-groep voor sy na Polokwane verhuis het.

Sy beoog om haar studies voort te sit in die nuwe jaar.

“Ek is kinderlik opgewonde om my Muise te ontmoet en saam met Kleinbegin ‘n pad te stap.”

Die enigste uitdaging wat Chantell dalk kan hê is die vreemdheid vir beide die skool en die ouers.

Soms word daar van ‘n onderwyser verwag om ‘n moeilike gesprek met ouers te hê.

“Ek sal die probleem wat ek waargeneem het, onder ons hoof, Natasha Fourie en die ouers se aandag bring. Ek sal dit verder dophou en as dit moet sal die nodige intervensie plaasvind. Ouers word genader sodat ‘n werkbare oplossing gevind kan word. Hulle sal gereeld terugvoering ontvang.”

Menigte onderwyser kla oor leerders te veel skermtyd het.

Chantell voel as dit by die huis gebeur maak dit dit moeilik om te beheer.

“’n Mens weet nie altyd wat die omstandighede is nie, maar ek kan voorstelle maak om die kind ook op ander maniere te leer of besig te hou.”

In haar vrye tyd bestee Chantell tyd saam met geliefdes.

Sy is lief vir die buitelewe, boeklees en draf graag.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button