Local News

Gehoorapparaat gee haar wêreld klank

Inge de Beer (13) is gebore met 'n gehoorprobleem en met Vrydag wat Wêreld Gehoordag was, het Polokwane Observer besluit om meer te leer hoe Inge met haar gehoorprobleem saamleef.

POLOKWANE – By die skool smelt Inge de Beer (13) maklik in, maar tog is sy anders as meeste leerders, sy sien dié verskille nie as ‘n struikelblok nie, maar as ‘n uitdaging.

Inge is gebore met ‘n gehoorprobleem en met Vrydag wat Wêreld Gehoordag was, het Polokwane Observer besluit om meer te leer hoe Inge met haar gehoorprobleem saamleef.

“Daar is drie beentjies in elke mens se oor. Myne is verkeerd gevorm en dus kan die klank nie deurkom nie. Ek het twee tannies en ‘n niggie wat met dieselfde probleem gebore is.”

Inge se ma, Ilse, sê Inge se Apgar-telling by geboorte was normaal maar hulle het onraad vermoed toe haar spraak buitengewoon stadig ontwikkel het. Die familie het eers self probeer toets om agter te kom of sy regtig met haar gehoor sukkel, maar het vinnig agtergekom Inge is slimmer as wat hulle dink en fnuik elke keer die ‘toets’.

“Toe sy drie jaar oud is, het ons haar na die Oorinstituut in Pretoria geneem. “

Die besoek aan die instituut het gelei daartoe dat Inge op die ouderdom van drie, gehoorstukkies begin dra het. Sy was in die kleuterskool waar haar juffrou aan haar maats verduidelik het waarom Inge die gehoorapparaat moes dra.

“Ek het vinnig besef dit is beter om die gehoorstukkies te dra as om nie te kan hoor nie. Ek is nooit rerig daaroor geboelie nie, maar ek het gesukkel as ons waterspele by die skool het. Dan moes ek die gehoorstukkies uithaal en kon ek nie hoor nie.”

Alhoewel beide van Inge se ore sukkel om te hoor, is die regter oor bietjie swakker as die linker een. Sy het al operasies ondergaan in die hoop om die probleem te herstel, maar dit was onsuksesvol.

Inge erken die gehoortoetse wat sy moet ondergaan is alles behalwe lekker. Om haar skoolwerk makliker te maak het sy ‘n apparaat wat haar onderwysers moet dra sodat sy beter kan hoor. Sy het egter vroeg reeds besef hierdie tegniek werk nie vir haar nie.

My vriende is baie oulik en hanteer my normaal. Ons het nou die dag gaan swem en toe sê ek vir hulle, hulle moet maar harder praat sodat ek sonder die gehoorstukkies kan hoor.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button