Local News

Skep hoop en rustigheid deur beheer oor te gee

Om beheer oor te gee, kan jy die held van jou eie lewe word, jy kan hoop en rustigheid bied aan diegene wat vrees ervaar.

POLOKWANE – Franklin D. Roosevelt, 32ste president van Amerika, het in sy intree toespraak gesê om dapper te wees beteken nie die afwesigheid vang angs nie, maar eerder die besef dat iets anders belangriker is as vrees.

Met dié woorde begin Elmarie Pieterse, kliniese sielkundige, haar toespraak wat sy Saterdag by die ‘Be your own hero with Jesus’ damestee gegee het.

Die oggend is gereël met die oog op bewusmaking van kolonkanker en geldinsamelingsprojek vir Angelique Botes wat verlede jaar met dié kanker gediagnoseer is. Behalwe vir Elmarie was teoloog, dr. Mel de Villiers, en Sharon Janse van Rensburg van MYRRH Ministries ook sprekers.

Angelique en borskanker oorwinnaar, Elize de Lange, het hulle onderskeie verhale met die gehoor gedeel.

Elmarie se toespraak het gaste bemoedig deur te vertel hoe ‘n mens beheer kan oorgee en jou eie held word.

“‘n Held is per definisie ‘n persoon wat bewonder word vir hulle moed, uitstaande prestasie en edele eienskappe. As ‘n mens logies daarna kyk is ‘n held iemand wat hulle eie vrees en angs opsy sit ten goede van die mense om hulle. ‘n Held bied hoop en rustigheid aan diegene wat vrees ervaar.”

Elmarie gaan voort deur punte uit te wys waar ons as mense irrasionele vrese het wat ons toekomstige keuses laat wankel. Volgens haar moet ‘n mens verby jou vrese om nie in beheer te wees nie beweeg, en glo God ken die pad wat vir jou uitgelê is.

“Jy moet beheer oorgee aan Hom sodat Hy jou kan lei. Irrasionele vrese beïnvloed ons keuses. Meeste van ons keuses word deur vrees gelei. Om jou eie held te wees met Jesus is om verby die vrees om nie die eksterne magte wat jou lewe affekteer te beheer nie. Dit is om jou toekoms in God se hande te sit en te weet Hy sal jou dra. Wanneer jy die moed het om beheer oor te gee al is jy bang, sal jou siel vry wees en jou gees vol van lewe. Jy sal ‘n held in jou self wees deur jou eie hoop en rustigheid skep in ‘n tyd van seer, vrees en angs.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button