Local News

Wanneer die ‘blues’ saam met jou baba kom

Talle vroue ervaar nageboortedepressie, maar daar is hulp beskikbaar, volgens First Steps Clinic se Melanie Botha.

POLOKWANE – Vanaf die eerste oomblik wat ‘n vrou uitvind sy is swanger, spring ‘n hele beplanningsproses in werking.

Eers is daar die datum wanneer die paartjie die nuwe mens gaan ontmoet, dan die geslag, dan ‘n naam en voor hulle oë uitvee, is die pienkvoet daar.

Kort voor lank tree daar egter vir sommige ma’s ‘n nuwe fase in – een waarin hulle alleen by die huis is met baba, en emosies neem oor.

Talle vroue raak huilerig en voel terneurgedruk, geïrriteerd, en sukkel selfs om te slaap – terwyl Mamma voor Baba se geboorte altyd mev. Sonskyn was.

Volgens Melanie Botha, verpleegster en vroedvrou wat spesialiseer in psigiatrie en eienaar van First Steps Clinic, wissel die ervaring hiervan van een ma tot ‘n ander.

“Party ma’s ervaar post-natale depressie eers wanneer hulle terugkeer werk toe. Die simptome gaan meestal na ‘n paar weke weg, maar wanneer dit aanhou, kan dit problematies raak.”

Sy verduidelik dat simptome soos aanhoudend huil, geïrriteerdheid, slegte slaappatrone en ‘n gebrekkige eetlus kan dui op nageboortedepressie.

“Wisselende hormone veroorsaak dat party ma’s meer kwesbaar is vir depressie, maar daar kan ook psigososiale redes wees daarvoor.”

Dié redes sluit in:

  • As jy ‘n slegte verhouding met jou eie ouers het.
  • Wanneer die verhouding met die pa van die kind nie goed is nie.
  • Wanneer jy voor jou swangerskap reeds met jou geestesgesondheid gesukkel het.
  • Wanneer jy alles rondom jou wil beheer.
  • Wanneer nabye familie ver woon.
  • Gebrek aan ‘n goeie ondersteuingsnetwerk.

“‘n Nuwe ma soek gewoonlik raad van haar eie ma. Wanneer dié nie beskikbaar is nie, kan die taak van ‘n nuwe ma oorweldigend raak. Nageboortedepressie is ook sigbaar onder vroue wat sukkel om beheer oor te gee. Baie vroue wil graag die perfekte vrou met die perfekte verhoudings wees en is geneig om nie maklik raad te vra of aanvaar nie.”

Kry hulp as die volgende simptome vir meer as twee weke aanwesig is:

  • Verandering in jou eetlus.
  • Slegte slaappatroon.
  • Konsentrasieprobleme en irritasie.
  • Probleme met besluitneming.
  • Negatiewe gedagtes oor moederskap.
  • Huilerigheid.
  • Gedagtes aan dood of selfdood.

“Dit is baie belangrik om hulp te kry wanneer jy hierdie simptome ervaar. Gaan praat met jou dokter of kliniek suster, of met ‘n goeie vriendin.  Jy is nie alleen nie.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button