Local News

Stad span saam om Bella op te spoor

Die nuus dat Bella weg is, het soos ‘n veldbrand versprei en selfs mense wat glad nie vir Bella of haar mense ken nie, het help soek.

POLOKWANE – Bella die Duitse Herdershond het onlangs vir baie trane van hartseer én toe blydskap, gesorg.

Dié driejarige en haar Huskyboetie, Hutcie, het voorverlede Woensdagnag by hulle huis se hek uitgeglip en die strate begin verken.

Hulle mens-ouboet, Zander, het vroeg die oggend gesien die hek staan oop en besef die honde is weg. Hy en sy ma, Lena-Marie Swanepoel, het onmiddellik begin soek en nie lank nie of hulle kry vir Hutcie. Maar van Bella was daar geen teken.

Bella saam met Lena-Marie Swanepoel

Lena-Marie het op sosiale media begin vra mense moet help soek na Bella. Die gesin treur nog oor hulle dogter en suster, Odine, wat laat verlede jaar in ‘n botsing omgekom het.

Bella was haar hond en Lena-Marie sien elke keer wat sy na Bella kyk, vir Odine in Bella se oë.

Die nuus dat Bella weg is, het soos ‘n veldbrand versprei en selfs mense wat glad nie vir Bella of haar mense ken nie, het help soek.

Bella se pa, Jacques, het selfs ‘n beloning van R5 000 aangebied vir die persoon wat haar kon opspoor.

Bella is in ‘n stadium op die koppie by Sterpark gewaar, en diere-aktivis Adele Heinlein, het begin fokus op daardie area. Ook sy het op sosiale media begin versoek dat inwoners met die soektog help. Adele, en Tammey Erasmus het vir ure gery opsoek na Bella en ook ‘n vanghok opgestel.

Die beloning het intussen opgeskuif na R10 000 in die hoop dat, sou iemand vir Bella by hulle het, hulle haar sou terugbesorg.

Jaco en Melanie van Eeden het met hulle hommeltuig tot laat die Vrydagnag oor die koppie gevlieg en Fred du Plooy het weer deur die dag met sy hommeltuig help soek. Leon de Villiers se vliegtuig is ook ingespan.

Maandagmiddag net na 14:00 lui Lena-Marie se foon.

Haar hoop om weer vir Bella te kry was teen die tyd op, maar toe ‘n jong pa Arno Coetzee vir haar sê hy is amper doodseker hy het Bella in sig, het sy in haar motor gespring en gery.

“Hy kon nie vir my sê presies waar hy en Bella is nie, en het vir my die GPS-koördinate gestuur. In Taurusstraat sien ek uiteindelik ‘n rooi motor. Dit was Arno en toe, in ‘n oop erf tussen twee huise, sien ek vir Bella in die voetpad lê.”

Lena-Marie se vreugde was groot en toe sy na Bella roep en dié kom baie opgewonde op haar afgestorm, kon sy die trane nie keer nie. Bella is geneem om gebad te word en daarna is sy huis toe waar sy op Odine se plek op die bank gaan lê het.

“Ons glo dit was die krag van die gemeenskap wat vir Bella gekry het. Van boemelaar tot petroljoggie, almal het help soek. Mr. Delivery het van die pamflette op hulle motorfiets-houers geplak om sodoende die woord te versprei. Ons dink mense het so saamgestaan, juis omdat dit Odine se hond was. Ons het selfs spoorsny-honde gekry om haar te help soek. Dit was ongelooflik om te sien hoe mense kan saamstaan. Baie mense het help bid. Dit is wonderlik om te ervaar,” sê Jacques.

Lena-Marie sê Arno wou eers nie die beloning aanvaar nie, en het net vir petrol gevra.

“Ek het aangedring dat hy sy rekeningnommer vir my gee sodat ek die geld vir hom kon oorbetaal. Dis toe dat hy sê hy kan nou vir die eerste keer vir sy dogtertjie ‘n partytjie hou en ‘n geskenk koop. Ons kyk ook of ons nie vir sy vrou werk kan kry nie. Iets goed het beslis uit Bella se storie gekom. Nie net kon die gemeenskap saamstaan nie, maar Arno en sy gesin het ook gebaat,” sê Lena-Marie dankbaar.

Lees meer oor Bella in die Polokwane Observer.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button