Local News

Wiskunde-onnie draf Meesters kaf

Wanneer sy naweke die hoofrekene agterlaat, sorg Leandré Friedenthal dat sy ‘n oop pad vind waar sy ‘n wedloop kan hardloop.

POLOKWANE – Deur die dag is sy ‘n wiskundejuffrou, maar wanneer Leandré Friedenthal die hoofrekene naweke eenkant toe skuif, sorg sy dat sy ‘n oop pad vind – en draf.

‘n Vinnige 5km of 10km draf sy gou kaf, en geniet dit boonop.

Leandré en haar kollega by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé, Antonette Jordaan, het aan die begin van die maand na Toru in Pole gereis om aan die Wêreld Meesters Atletiekkampioenskappe deel te neem.

“Hierdie was my tweede keer by die kampioenskappe,en dit het baie beter gegaan as wat ek verwag het. Die hoogte-bo-seespieël is beslis ‘n voordeel vir iemand wat in Limpopo oefen en in Kaapstad deelneem.”

Sy sê die 5 000m en 10 000m is onderskeidelik 12.5 en 25 keer om die baan, en haar tyd vir die 5 000m was 20:50 en vir die 10 000km, 44:32.

“By die 5 000m was 20 daar atlete uit verskeie ouderdomsgoepe wat saamgehardloop het. Ek het algeheel negende gekom en eerste uit slegs twee in my ouderdomsgroep. By die 10 000m was ons slegs vyf vroue, elkeen in verskillende ouderdomsgroepe. Wat my verstom en baie geïnspireer het was die 70-jarige atleet, Nancy Will, wat die 10 000m onder 50 minute voltooi het.”

Sy het in beide items haar persoonlike beste tyd, wat sy verlede jaar met die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe behaal het, verbeter.

“Ek het die 5 000m met 40 sekondes verbeter en die 10 000m met twee minute. Dit is juis wat die Meesters vir my so waardevol maak. ‘n Mens word heeltyd uitgedaag en geïnspireer deur jou mede-atlete, soveel so dat ‘n mens nie kan help om konstant aan jouself te wil werk en verbeter nie.”

Na ‘n wedloop word daar gewoonlik medaljes uitgedeel en dit is ook nie anders by die WMA kampioenskappe nie.

Leandré verduidelik daar is ‘n sekere standaard waaraan atlete moet voldoen en moet handhaaf om ‘n medalje te verwerf.

“Al kom jy eerste, maar voldoen nie aan die standaard nie, kry jy net ‘n klein medalje vir deelname. Ek het verlede jaar slegs vir die 5 000m gekwalifiseer vir ‘n medalje. Die beste oomblik hierdie jaar was toe ek om die draai kom vir die laaste 100m van die 10 000m, en ek sien die digitale horlosie by die wenstreep en besef ek gaan dit maak. Ek het dit nie verwag nie.”

Leandré neem aan soveel as moontlik padwedlope as wat sy kan, deel.

Onlangse padwedlope wat hiermee gehelp het, is die Modderfontein 10km, die Midrand Striders se 10km en die plaaslike Mzanzi wedloop, waaraan sy almal in Mei gehardloop het.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button