Local News

Flou gemoed in die winter? Lees hiér

Volgens ‘n plaaslike kenner is SAD, wat ‘n seisoenale soort depressie is, meer algemeen as wat ‘n mens dink.

POLOKWANE – Alhoewel Limpopo se winters nie gewoonlik bestaan uit grys, nat en koue dae nie, is die son tog maar flouer deesdae en sny die wind steeds om die hoeke van die huis.

Winter is ook die tyd wanneer talle mense se gemoedstoestand ‘n knou beleef.

Lesers wat nie noodwendig as depressief geklassifiseer is nie, voel skielik teneergedruk of negatief. Ander, wat die depressieduiwel goed ken, se simptome vererger egter.

Volgens voorligtingsielkundige Elmarie Pieterse, is hierdie verskynsel nie vreemd nie.

“Volgens navorsers word hierdie soort depressie seisoenale affektiewe versteuring (SAD) genoem. Hierdie soort depressie het beslis ‘n seisoenale patroon.”

Sy verduidelik dat dié soort gevoel jaarliks op min of meer dieselfde tyd kop uitsteek, en dit is gewoonlik in die wintermaande.

“Die korter dae en verminderde sonlig speel ‘n groot rol aangesien dit verbind kan word met ‘n chemiese verandering in die brein.

“‘n Ander rede kan die hoeveelheid melatonien wees wat deur die liggaam gemaak word. Wanneer dit donker is, word meer melatonien geproduseer, en dus word daar meer van hierdie slaaphormoon vrygestel. Dit op sy beurt veroorsaak dat ‘n mens meer wil slaap.”

Simptome van seisoenale depressie is verminderde motivering, en selfs om net na bitter min uit te sien. Om soggens op te staan raak moeiliker en die persoon voel dikwels deur die loop van die dag uitgeput.

Behandeling behels onder andere ligterapie – waar ‘n pasiënt voor ‘n helder lig moet sit elke oggend sodra hulle wakker word.

Kognitiewe gedragsterapie word ook gebruik vir die behandeling van depressive, sluit Pieterse af.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button