Local News

Baba Annalize benodig hoëvloeistuurstofmasjien

Sy was onlangs weer vir 18 dae in die hospitaal, en ontvang fisioterapie om haar bors slymvry te hou.

Na nog 18 dae onlangs in die hospitaal, gaan dit beter met die driemaande-oue Annalize Wagner – al bevestig slaapstudies dat die gesin ‘n hoëvloeisuurstofmasjien vir haar sal moet aanskaf.

Polokwane Observer het vroeër berig oor die jong Annalize, wat teen die tyd dat sy agt weke oud was, reeds die helfte van haar lewe in hospitale deurgebring het.  Sy is op 20 Maart vanjaar gebore.

Lees meer: Moedige pad lê voor vir baba Annalize

Haar ouers, Patricia en Johnny, het kort na haar geboorte besef daar is fout toe dit klink asof sy ‘n roggel in haar bors het. Na verskeie dokter- en hospitaalbesoeke is bevind dat Annalize het laryngomalasie, ‘n toestand waar die baba se stemkas, of strottehoof, nie ten volle gevorm het nie, het.

“Volgens die dokter gaan dit tot twee jaar neem voordat sy dit ontgroei het. Sy kan nie die slym in haar bors en keel uithoes nie en dus veroorsaak dit dat sy longontsteking kry,” het Patricia in ‘n vorige onderhoud vertel.

Daar was vergroeisels rondom die kleppie by haar stembande, wat deur laser verwyder moes word.

Hierna het weer ‘n klomp toetse gevolg waarna sy met proksimale trageomalasie gediagnoseer is, ‘n toestand waar die kraakbeen wat die lugweg oophou, te swak is.  Dit veroorsaak dat die lugweg gedeeltelik ineenstort.

Patricia sê Annalize was onlangs weer vir 18 dae in die hospitaal.

“Dit gaan beter met haar. Sy het nog ‘n erg roggelgeluid. Die dokter het weer ‘n motivering geskryf wat, saam met slaapstudies, wys Annalize benodig ‘n hoëvloeisuurstofmasjien.”

Dié masjien gee warm suurstof af teen ‘n hoë vloei, wat haar lugweg oopdruk.

Die gesin wag tans vir goedkeuring vanaf die mediese fonds om die masjien te bekom, en indien dit nie gedoen word nie, sal dit die gesin sowat R69 000 kos.

“Intussen moet Annalize elke Vrydag fisioterapie ontvang om haar bors oop te kry en te verseker sy kry nie weer longontsteking nie.”

‘n Inwoner van die stad, Elsie Venter, het dit op haar hart gevoel om ‘n pasgebore babapop te skenk wat met lootjies opgeveil gaan word, om die gesin met koste by te staan. Die pop se naam is Layla.

Kaartjies kos R50 een. Geld kan by Heart Drive/Heart Cycle se rekening inbetaal word en die pop kan by Marlin Industries besigtig word.

Lootjies word tot 31 Julie verkoop, waarna die wenner die pop sal ontvang.

Bankbesonderhede:

Rekeningnaam: Heart Drive
FNB
Rekening: First Business Zero Account
Rekeningnommer: 62852871831
Takkode: 250655.
Verwysing: Pop, Naam en nommer.

Skakel na WhatsApp Groep Fondsinsameling Baba Wagner: https://chat.whatsapp.com/KpT6OFemwUgKHHbjoIKaxA

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button