Local News

Omgeegroep sorg vir 500 etes per maand

Die groep vroue van die Noordgemeente Familie van Omgee, kook dié maaltye by die kerk se geriewe en maak staat op skenkings vir die bestanddele.

POLOKWANE – Om terug te gee, moet jy self hê. Jy kan nie vir mense kos gee as jy nie die bestanddele het nie.

Die Deernis Kokkedore, ‘n span vroue van Noordgemeente Familie van Omgee sorg maandeliks dat 500 mense ten minste een keer ‘n warm bord kos het.

Dié groep kom elke tweede Dinsdag by Noordgemeente Familie van Omgee bymekaar waar hulle die kombuis gebruik om te kook.
Ansie Smuts wat aan die stuur van hierdie projek is, sê hulle is baie geseënd met skenkings.

“Om vir 500 mense kos te maak het jy baie bestanddele nodig – vleis, groente en speserye, om net ‘n paar te noem. Al die skenkings wat ons kry, is vanuit die gemeenskap en die gemeente. Ons het geleer om selfs uit niks iets lekkers saam te slaan.”

Sou die Kokkedore iets benodig, het hulle die vrymoedigheid om vir die gemeente te vra. Verder sal hulle sommer ook self elkeen ‘n pakkie rys koop om vir die projek te kook.

Ansie glo hulle word geseën want dit is vir hulle belangrik om elke oggend, voor hulle begin, eers te bid en dankie te sê vir die voorreg wat hulle het om vir ander te kan sorg.

Sou jy wou bydra, kontak Ansie by 072 289 7500.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

 
Back to top button