Local News

Tuinblouklub meer te wete oor saailinge

Rina Aucamp van Mayford het lede onlangs toegespreek oor hoe om saad uit ‘n sakkie suksesvol te plant.

POLOKWANE – Tuinliefhebbers maak dikwels van verskillende maniere gebruik om plante in hulle tuine te kry.

Soms is ‘n steggie goed genoeg en ander kere is saailinge die beter opsie. Dan is daar sade wat jy sommer by jou naaste supermark kan koop en met behulp van die aanwysings agterop die pakkie, self kan plant.

By hierdie maand se vergadering van die Pietersburg Tuinbouklub het Rina Aucamp van Mayford vir die vroue vertel hoe om saad uit ‘n pakkie, suksesvol te plant.

“MayFord bestaan al sedert 1931 en in 1960 het die maatskappy die alleen verspreider van Sakata-produkte geword. Behalwe vir die blom- en grassaad het ons 43 verskillende groentesade ook.”

Op die voorkant van elke pakkie is daar prente wat aandui of die plant by-vriendelik en waterwys is, verduidelik sy.

“Dit wys ook of die plant inheems is. Van die pakkies dui aan hoe groot die oppervlak moet wees waarin jy dit plant, en of jy dit eerder moet strooi as plant. Agterop die pakkie word daar ook aangedui waar die beste plek is om die saad te plant, asook wanneer om te plant. Dit sê ook hoeveel dae die plant gaan neem om te blom. Die tyd tussen saai en ontkiem en blom verskil van plant tot plant. Ontkieming gebeur gewoonlik tussen sewe en 14 dae.”

Sy het ook ‘n paar geheime om saad suksesvol te plant, met klublede gedeel.

“‘n Pakkie van 10g is genoeg om in ‘n oppervlak van 5²m te plant. Om te weet hoe diep jy die saad moet plant, kyk jy na die saad se grootte. Ongeveer die grootte wat die saad self is, is hoe diep jy dit plant. Vir fyn saad en gras kan jy ‘n A4-papier neem en in ses vierkante verdeel. Dan verdeel jy die saad in vyf hopies. Neem nou ‘n glasspeserybottel en vul dit op met meel. Gooi die saad van een papierblokkie by die meel en strooi dan die meel oor die area waar jy die plante wil plant. Een blokkie is genoeg vir 1²m grond.”

Rina sluit af deur te sê die doel van die foelie aan die binnekant van die pakkie is bedoel om die saad te beskerm sou jy dit nie dadelik wil plant nie.

“Seël die pakkie deur ‘n warm yster daaroor te hou. Dit hou die vog en lug uit.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

 
Back to top button