Local News

Tuinblouklub meer te wete oor saailinge

Rina Aucamp van Mayford het lede onlangs toegespreek oor hoe om saad uit ‘n sakkie suksesvol te plant.

POLOKWANE – Tuinliefhebbers maak dikwels van verskillende maniere gebruik om plante in hulle tuine te kry.

Soms is ‘n steggie goed genoeg en ander kere is saailinge die beter opsie. Dan is daar sade wat jy sommer by jou naaste supermark kan koop en met behulp van die aanwysings agterop die pakkie, self kan plant.

By hierdie maand se vergadering van die Pietersburg Tuinbouklub het Rina Aucamp van Mayford vir die vroue vertel hoe om saad uit ‘n pakkie, suksesvol te plant.

“MayFord bestaan al sedert 1931 en in 1960 het die maatskappy die alleen verspreider van Sakata-produkte geword. Behalwe vir die blom- en grassaad het ons 43 verskillende groentesade ook.”

Op die voorkant van elke pakkie is daar prente wat aandui of die plant by-vriendelik en waterwys is, verduidelik sy.

“Dit wys ook of die plant inheems is. Van die pakkies dui aan hoe groot die oppervlak moet wees waarin jy dit plant, en of jy dit eerder moet strooi as plant. Agterop die pakkie word daar ook aangedui waar die beste plek is om die saad te plant, asook wanneer om te plant. Dit sê ook hoeveel dae die plant gaan neem om te blom. Die tyd tussen saai en ontkiem en blom verskil van plant tot plant. Ontkieming gebeur gewoonlik tussen sewe en 14 dae.”

Sy het ook ‘n paar geheime om saad suksesvol te plant, met klublede gedeel.

“‘n Pakkie van 10g is genoeg om in ‘n oppervlak van 5²m te plant. Om te weet hoe diep jy die saad moet plant, kyk jy na die saad se grootte. Ongeveer die grootte wat die saad self is, is hoe diep jy dit plant. Vir fyn saad en gras kan jy ‘n A4-papier neem en in ses vierkante verdeel. Dan verdeel jy die saad in vyf hopies. Neem nou ‘n glasspeserybottel en vul dit op met meel. Gooi die saad van een papierblokkie by die meel en strooi dan die meel oor die area waar jy die plante wil plant. Een blokkie is genoeg vir 1²m grond.”

Rina sluit af deur te sê die doel van die foelie aan die binnekant van die pakkie is bedoel om die saad te beskerm sou jy dit nie dadelik wil plant nie.

“Seël die pakkie deur ‘n warm yster daaroor te hou. Dit hou die vog en lug uit.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button