Local News

André sterk aan; familie sê dankie vir ondersteuning

André Fourie se skoonsuster, Marina, sê die uitdagings was groot, maar elkeen daarvan is oorwin.

POLOKWANE – André Fourie (50) is twee weke gelede met ‘n gewas op die brein gediagnoseer en 12 maande gegee om te lewe.

Gelukkig het André nie gaan lê nie, maar ‘n tweede opinie ingewin en binne ‘n paar dae is hy in die Cintocare-sentrum in Pretoria geopereer om die gewas te verwyder.

Dié operasie, was ‘n groot sukses.

Lees ook: André se operasie ‘loop goed af’

Nadat hy uit die teater gestoot is, is hy na die intensiewesorgeenheid waar hy ‘n paar uur deurgebring het.

Oorspronklik sou André twee dae in dié eenheid moes deurbring, maar hy is dieselfde middag reeds na die hoësorgeenheid geskuif.

Dit was ook nie baie lank nie, of hy is na ‘n gewone saal geskuif.

Na slegs vier dae is André ontslaan en kon hy terugkeer na Polokwane waar sy dogters vir hom gewag het.

André se skoonsuster, Marina, sê die uitdagings was groot, maar elkeen daarvan is oorwin.

“Ons moes ‘n dokter kry wat bereid was om te opereer en daarna het ons slegs twee dae gehad om ‘n astronomiese bedrag in te samel. Die Here het voorsien en André geseën met ‘n goeie dokter en vriende wat hom dra in gebed. Ons het ook al die geld betyds ingesamel.”

Die oggend van die operasie het die sjirurg vir André se ma, Ria, en broer, Drickus gesê hulle moet nie bekommerd raak as die operasie tot in die aand verloop nie, dit is ‘n moeilike operasie van bykans ses ure, maar na slegs drie-en-‘n-half ure is André uit die teater gestoot.

“Daar is ongelooflike krag in gebed ons glo en vertrou vir nog wonderwerke in sy herstelproses. Weereens baie baie dankie vir elkeen wat bid saam met ons en elke bydrae.”

Drickus het aan Polokwane Observer gesê dat dit goed gaan met André.

“Ons het die onkoloog gesien om sy verdere behandeling te bespreek. André ondergaan ook fisioterapie en gaan binnekort met arbeidsterapie begin. Daar is nog nie veel verbetering met die verlamming nie, maar daar is oomblikke wat dit wil lyk asof André vordering maak.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button