Local News

Die note weerklink by PLS

Aan einde van die program, was die aand nog nie verby nie, en is daar tot laat nog saam gedans, gelag en gekuier.

POLOKWANE – Behalwe vir sport is musiek sekerlik die een manier om mense bymekaar te bring en dis presies wat Saterdagaand by Pietersburg Laerskool gebeur het, toe die PLS Ondersteunersklub ‘n aand gevul met musiek, lag en dans aangebied het.

“Dié aand is aangebied om geld in te samel vir leerders wat goed vaar in sport, maar nie die nodige finansies het om op toer saam met die res van die span te gaan nie. Met hierdie geld kan die kinders saam met hulle maats toer en dit ewe veel geniet,” het Reynard Swanepoel van die Ondersteunersklub gesê.

The Boombox Musical Game Show het die program hanteer en afdelings waarin die deelnemers deel geneem het was die herkenning van plaaslike talent, die herkenning van die titel van die liedjie, raai die dekade en herken die stem van die kunstenaar.

Die wenners: Die Sportspan

Pryse is gegee vir die beste tema, gewen deur die Seerowers, en die beste gee, gewen deur die Neons.

Ander spanne wat deelgeneem het was die Hippies, Marilyn Monroes, St. Patrick Day, Zombies, Bokke, die Bom Squad en die Sportspan.

Alhoewel daar vir elke tafel betaal is, is daar deur die loop van die aand boetes uitgedeel en sou ‘n span verkeerd antwoord, die knoppie te vinnig druk of nie bly genoeg klink as hulle wen nie, moes hulle boetes betaal. Slegs drie spanne, die Hippies, Neons en Sportspan het deurgedring na die laaste ronde. Die ander spanne het hulle by hierdie drie spanne geskaar waarna die Sportspan as wenners uit die stryd getree het.

Hierna was die aand nog nie verby nie, en is daar tot laat nog saam gedans, gelag en gekuier.

Borge vir die aand was Tha Spice, The Cube, Scafaries Slaghuis, Quick Plumbers en B & E Ice Distributors.

Daar is ongeveer R22 000 ingesamel gedurende die aand.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button