Erica-familiepretdag propvol opwinding
Skoolhoof Monja Groenewald het aan Review gesê die dag is so saamgestel om aktiwiteite aan te bied waaraan die hele familie kon meemaak.
POLOKWANE – Erica Preprimêre Skool se familiepretdag wat op 1 Mei by The Ranch Resort gehou is, was ‘n dag van pure pret en plesier vir die jongspan en hul gesinne.
Die dag het om 06:30 afgeskop met ‘n drafsessie in die mooie natuurskoon van dié oord.
Rondom 09:00 was dit die fietsryers se beurt om die baan aan te durf wat ook ‘n draai rondom die leeus gemaak het.
Die pretdag het afgesluit met ‘n rondte gholf waarin ‘n paar verrassings op die spelers gewag het tussendeur.
Skoolhoof Monja Groenewald het aan Review gesê die dag is so saamgestel om aktiwiteite aan te bied waaraan die hele familie kon meemaak.
“Van die jonger maats tot ouer kinders, ma’s en pa’s en almal kon kom aansluit van ‘n dag van ontspan. Ons wou die hele gemeenskap betrek in hierdie geldinsamelingsgeleentheid.”
Sy het aangedui dat die opbrengs van die dag aangewend sal word vir verbeterings aan die skool en volgehoue top kwaliteit onderrig.
“Ons beplan ook om hierdie ‘n jaarlikse projek te maak,” het sy gesê, en alle borge en deelnemers bedank wat ‘n aandeel gehad het in die sukses van die dag.














