Local News

KYK: Bekende tenoor Chris Coetzer vermaak uitgesoekte gehoor

Chris Coetzer het onlangs in die stad opgetree as deel van die Red Day fondsinsamelingsgeleentheid van ‘n plaaslike eiendomsgroep.

POLOKWANE – Bekende tenoor Chris Coetzer het verlede week in Polokwane gekuier waar hy vir ‘n groep uitgesoekte gaste opgetree het as deel van KWNorth se Red Day, ‘n geldinsamelingsprojek.

Keller Williams se Red Day is ‘n internasionale projek waar agente van dié eiendomsagentskap die eerste Donderdag in Mei gebruik om gemeenskapswerk te verrig.

Karien Jordaan, bedryfshoof by KWNorth het dit goedgedink om vir Chris te nooi om op te tree ten bate van Red Day.

“Die optrede was ongelooflik goed en ons het baie pret gehad. Ons het R32 000 ingesamel.”

Coetzer is bekend as deel van Suid-Afrika se eie Drie Tenore tesame met Phillip Kotze, Jannie Moolman en later ook Du Preez Stoltz.

Hy tree tans as solokunstenaar op.

“Ons het 16 jaar saamgesing voordat ons besluit het om eerder op ons eie te gaan. Ek self sing al sedert ek drie jaar oud is. Daar is vir my geleer dat as jy kan skree, kan jy sing.”

Hy het sy opleiding onder Gisela de Villiers gedoen.

Chris het na skool by die weermag aangesluit en daarna onderwys studeer, en later as toeragent begin werk.

Hy stig later CC Vocals Studio waar hy nie net stemopleiding gee nie, maar ook kunstenaars leer hoe om die geskikte verhoogpersoonlikheid te ontwikkel.

“Ek en my seun Bryan toer die land vol. Hy behartig die musiek en klank. As tenor-bariton sing ek enige musiek, en maak ander kunstenaars se liedjies uniek aan my.”

Hy erken ‘n musikant moet soms uit sy of haar gemaksone gaan op die verhoog, “om te wys jy is ook mens, en só onthou mense jou”

“Ek kry my inspirasie uit die gehoor uit. Een optrede sorg vir die volgende een se program.”

Lees meer oor KWNorth se Red Day in hierdie week se Polokwane Observer.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button