Local News

Biathle-Kampioenskappe ‘n reuse sukses

Die Limpopo Biathlekampioenskappe sport behels ‘n kombinasie van hardloop, swem en weer hardloop.

MOKOPANE – Die Limpopo Biathlekampioenskappe is verlede Saterdag by Hoërskool Piet Potgieter aangebied. Dié sport behels ‘n kombinasie van hardloop, swem en weer hardloop.

Die Potties-atlete behaal goeie plekke.

Dries Roodt van die CVO Skool Potgietersrus neem deel in die o/11-kategorie en behaal ‘n goue medalje. Avah Smit en Emma-Lee Claasen van Laerskool Krugerpark neem ook deel in die o/11-kategorie: Smit behaal ‘n eerste plek en dit besorg aan haar ‘n goue medalje.

Kort op haar hakke is Claasen in die tweede plek met ‘n silwer medalje.

Drie atlete van Hoërskool Piet Potgieter neem ook deel en behaal goeie plekke: Petri Grobler neem deel in die o/15-kategorie en wen ‘n goue medalje. Micke Prinsloo (o/17) behaal goud terwyl Gerard Kruger (o/18) ook goud wen.

Al die atlete kwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse kampioenskappe wat vanaf 9-10 Augustus in Oos-Londen gehou gaan word.

Hou Hoërskool Piet Potgieter se kalender dop vir toekomstige ligadatums in die vierde kwartaal. Almal is welkom om deel van die span te word. Vir enige navrae oor dié sport, kontak Armanda Kruger by 082 336 1401.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button