Local News

Kleinhoewe loop deur onder boosdoeners

Kameras op die Oorlogsfonteinkleinhoewes het ‘n verdagte vasgevang waar hy toegang tot die elektriese kabel verkry het.

MOKOPANE – Inwoners van die Oorlogsfonteinkleinhoewes is woedend nadat boosdoeners die afgelope week kabels gesteel het en transformators geplunder het.

Kameras in die omgewing het ‘n verdagte vasgevang waar hy toegang tot die elektriese kabel verkry het. Die alarm het afgegaan en die verdagte het spore gemaak.

Brendon Williams, ‘n Arend Bergwaglid sê die bergwaglede, die Heritage Protection Group (HPG), Basoppa Sekuriteit en Afriforum is kort na die voorval uitgeroep na die toneel, waar die span spore van die verdagte vergelyk het met vorige tonele van diefstal.

“Ons het die spore gevolg tot by nabygeleë werkerskwartiere op Oorlogsfontein waar die verdagte gekonfronteer is en mates is van sy skoengrootte geneem voor die span terug is na die toneel waar die kabels geknip is. Ongelukkig het die Mogalakwena Munisipaliteit se werkers, wat die kabels intussen kom herstel het, die spore vertrap en kon die span nie die verdagte se skoengrootte identifiseer nie. In die lig van al die gebeure vra ek dat die inwoners moet belê in kameras, sodat die boosdoeners op heter daad betrap kan word. Ons het bewyse nodig, en die kamera se sirene is ‘n goeie afskrikmiddel.”

Williams sê dat die Arend Bergwag lede met die polisie in kontak was en dat dié bevestig het dat dit nie altyd moontlik is om die verdagtes te vang nie, “maar solank die boosdoeners weet ons is paraat en ons weet van hulle, sal hul hopelik skuif na ‘n ander area, en ook as hul sien dis nie meer so maklik nie. Dit is ons elkeen se plig en in sy eie belang om die area te beskerm.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button