Local News

Dié PLS rubgyspelers maak naam

Lafras Holtzhausen en Ertjie Lourens was twee rugbyspelers wat PLS by die Bokkieweek verteenwoordig het.

POLOKWANE – Om vir ‘n skool se eersterugbyspan gekies te word, is ‘n voorreg en vir die meeste spelers ‘n droom.

Wanneer hulle dus gekies word om aan die Bokkieweek deel te neem, bars hulle behoorlik van trots.

By Pietersburg Laerskool is dit ook nie anders nie, en het spelers opgewonde na Kroonstad vertrek vir dié gewilde byeenkoms wat vanaf 24 tot 28 Junie plaasgevind het.

Lafras Holtzhausen en Ertjie Lourens was twee rugbyspelers wat PLS by die Bokkieweek verteenwoordig het.

Lafras was vir die eerste keer by dié toernooi en sê dit was lekker om deel van al die aksie te wees. Hy is verkies as o/13-kaptein van die toernooi.

Ertjie sê die toernooi was so lekker, hy wens dit kon langer duur. Hy is aangewys as die o/13-voorspeler van die toernooi. Beide seuns was ook in die skool se eerstespan en gaan nou aan hokkie deelneem aangesien die rugbyseisoen tot ‘n einde gekom het.

Nico Botha (o/14 man van die speler), Arno Roberts (o/13 man van die speler) en Ruan Stoltz (o/13 beste agter speler).

Ander PLS-leerders wat ook deel van die Bokkieweek was: Nico Botha (o/14: man van die wedstryd), Arno Roberts (o/13: man van die wedstryd) en Ruan Stoltz (o/13: beste agterspeler).

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button