Local News

Vele hande maak ligter werk danksy Ons Tuiste se Sara

Sara Stedy is ‘n hulpmiddel wat die verpleegpersoneel help om die bedlêende bejaardes met gemak na die badkamer te neem.

POLOKWANE – ‘n Spesiale vriendin kan jou lewe soveel makliker maak. Behalwe vir emosionele ondersteuning, kan sy ook fisies help waar nodig.

Die personeel van Ons Tuiste het Vrydag kennis gemaak met ‘n nuwe vriendin, Sara, wat spesiaal ingespan word om hulle lewens makliker te maak.

Sara Stedy is ‘n hulpmiddel wat die verpleegpersoneel help om die bedlêende bejaardes met gemak na die badkamer te neem.

Sara help ook die gebruiker om met gemak en veilig vanuit ‘n stoel op te staan.

Sara is gemik daarop om vir pasiënte wat nie baie beweeglik is nie, terwyl hulle steeds ander aksies kan uitvoer, te help.

Deur van Sara gebruik te maak, word die take van die personeel van Ons Tuiste makliker gemaak en slegs een persoon is nodig om die pasiënt te help beweeg.

Sara Stedy is ‘n geskenk vanaf die Rotary Anns Club van Pietersburg 100 aan die ouetehuis.

Toe die verpleegpersoneel die geskenk sien, was hulle kinderlik opgewonde en selfs aangedaan.

Die bestuurder by Ons Tuiste, Carin Meintjes, het hul dank namens die personeel uitgespreek.

“Dié sal almal se lewens vergemaklik, van die persooneel tot die inwoners in die verswakte sorgeenheid.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button