Local News

Witkruismonument vanjaar 20 jaar herdenk

Dié monument, wat op Ysterberg geleë is, word jaarliks opgeknap en in stand gehou.

POLOKWANE – Veiligheid in Suid-Afrika is vir talle landsburgers ‘n bron van kommer. ‘n Mens lees daagliks van voorvalle waarin individue en selfs gesinne koelbloedig vermoor is.

Ry jy op die N1 verby Ysterberg tussen Polokwane en Mokopane, sien jy ‘n monument van wit kruise, daar geplant om elke slagoffer van ‘n plaasmoord te herdenk.

Dié monument is in 2004 tot stand gebring met 1 200 kruise, wat elkeen ‘n boer of sy gesin wat vermoor is in plaasaanvalle, verteenwoordig.  In 2022 was daar reeds 2 575 kruise opgerig.

Volgens AfriForum het die aantal plaasaanvalle van 339 in 2022 tot 269 in 2023 gedaal. Die syfers vir plaasmoorde is bykans dieselfde met net een moord minder in 2023. In Limpopo was daar drie aanvalle en twee moorde in 2023.

TLU SA se nuutste statistiek toon daar was 18 plaasaanvalle en twee plaasmoorde tydens die eerste twee maande van die jaar aangemeld. Dit is laer as in dieselfde tydperk in 2023 toe daar 38 plaasaanvalle en vyf plaasmoorde aangemeld is.

Jaarliks is daar ‘n skoonmaaknaweek en later ook ‘n opgraderingsnaweek wat op die terrein gehou word.

Oor hierdie naweke kan lesers help om die area om die monument skoon te maak en die kruise op te knap. Daar is heelwat uitgawes aan hierdie projekte verbonde en die direkteure van die Witkruismonument doen ‘n beroep op lesers om finansieel te help waar hulle kan.

Hierdie jaar word die Witkruismonument se 20ste bestaansjaar gevier.

Die skoonmaaknaweek vind op 9 Augustus plaas en dan sal die opgradering en kruisplanting op op 13-14 September plaasvind.

Kontakbesonderhede:

Hester 078 348 4447

Francois 071 753 7683

admin@bittereinders.co.za

FNB Tjek

Rekeningnommer: 630 985 94063.

Takkode: 250655.

Verwysing: Naam en van/Besigheidsnaam

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button