Local News

‘Lewensredder’ – Osies se Luandrie geprys

Luandrie, 'n 10-jarige Oosskool-leerder het 'n kind heldhaftig gered van verdrinking in 'n swembad terwyl sy by 'n partytjie was.

POLOKWANE – “Lulu, jy mag maar ‘n lifeguard word,” is hoe Annelie Espag onlangs speels vir haar sussie, Luandrie, na dié se heldedaad by ‘n kinderpartytjie geprys het.

Luandrie, ‘n 10-jarige leerder by Oosskool, vertel nederig hoe sy daarna ook as Osie van die Maand aangewys is.

Dié toekenning gaan aan ‘n Oosskoolleerder wat die skool se waardes ten toon stel, sonder om noodwendig ‘n belonging te ontvang.

Luandrie, wat ook baie nederig oor haar weldaad is, was saam met haar ma, Liani, om vir Annelie by ‘n partytjie te gaan haal.

Sy en ander kinders was rondom die swembad, wat met ‘n seil bedek is, toe die volwassenes ‘n geskree hoor.

Luandrie vertel dat daar ‘n driejarige dogtertjie was “wat gedink het sy kan oor die seil loop”.

“Sy het net ingesink, en ‘n bietjie opgekom, en toe gryp ek haar aan haar arms en haal haar uit die swembad uit. Sy het in die diep kant ingeval, maar gelukkig kan ek swem.”

Haar ma onthou hoe sy besig was om Annelie se goed in haar sak te sit toe hulle die gil hoor.

“Ons het na buite gehardloop waar ons gesien het Mia*(3) is papnat. Haar ma het haar badkamer toe geneem waar sy haar in handdoeke toegedraai het. Toe ek vir Luandrie vra wat gebeur het, antwoord sy ‘Mamma, ek het Mia gered. Sy het reguit ingeval en haar kop was amper onder die water en toe gryp ek haar arms en trek haar uit. Ekskuus mamma, ek is ook nou nat.’”

Na die episode was almal nog in die badkamer met Mia besig om agter die kap van die byl te kom, toe Annelie, met trots, vir haar sussie sê sy moet ‘n lewensredder word.

Dit het die ergste spanning gebreek en almal het gelag.

Luandrie vertel sy is ‘n gewone 10-jarige wat daarvan hou om TV te kyk, te verf en fiets te ry. Sy neem graag deel aan karate.

“Dit was vir my lekker toe ek die toekenning kry. Dalk word ek eendag ‘n swembad-lewensredder,” sê sy.

Mia se ouers het Luandrie geprys en bedank vir haar heldhaftigheid en sê hulle is haar ewig dankbaar.

* Regte naam weerhou op versoek van die ouers.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer. She holds a Diploma in Journalism and is passionate about sharing authentic stories and making a positive impact through those stories. Although her journey in journalism was unexpected, she found herself drawn to it from the very beginning. Despite an initial career in Digital Marketing and Communications, she has recently reignited her passion for journalism and is excited to be back in the field she loves. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that.

Related Articles

Back to top button