Local News

Afrikaanse sanger, Jannie du Toit ‘n treffer by Village Teater

Jannie du Toit is ‘n gewilde Afrikaanse sanger wat sy gehoor betower met sy staaltjies en musiek.

POLOKWANE – Vroeg in die 1970’s het Suid-Afrikaners kennis gemaak met Jannie du Toit en sy kitaar.

Vandag is hy steeds ‘n gewilde Afrikaanse sanger wat sy gehoor betower met sy staaltjies en musiek.

Jannie het Vrydag twee optredes in Polokwane by The Village Theatre gehad.

Die gehoor het aan sy lippe gehang toe hy vertel hoe hy begin sing het.

“My eerste optrede was in die Aprilvakansie van 1971. My niggie moes by ‘n fees sing en ek moes haar met die kitaar begelei.” Jannie het ‘n LLB-graad aan die destydse RAU behaal en daarna ‘n honneursgraad in Afrikaans by Tuks. Ek en twee vriende het besluit om ‘n sanggroep te stig, en noem dit toe Trilogie. Later het ons nog ‘n lid bygekry en kon ons onsself nie meer Trilogie noem nie.”

Hy vertel hoe hy, nes vele ander kunstenaars ‘n gedig sou neem en ‘n wysie bysit. So het hy met ‘Rosa Rosarum’ van A.G. Visser gemaak en die vertoning ook met hierdie lied geopen.

In 1979 skryf hy sy gewilde treffer, ‘‘n Liedjie vir Jou’ en hou hy musiekaande in sy huis vir vriende soos Koos Doep, Coenie de Villiers, Lucas Maree en Anneli van Rooyen.

In die laat 1980’s tree hy saam met Christa Steyn op en werk hy ook saam met Laurika Rauch en Stephan Bower. Deur sy vertellings neem hy die gehoor op ‘n reis van sy musiek loopbaan met ander bekende liedjies soos ‘Die Eggo van Jou Oë’, ‘‘n Liedjie vir Jou’ en ‘Volgende Winter’.

Een van die gaste, Carin Meintjes sê sy is baie beïndruk. “Ek het ‘oom’ Jannie vreeslik geniet!”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button