Local News

Breinaalde klap om ander te help

Polokwane se Grannies Who Care werk saam met Ons Tuiste om mussies en handverwarmers vir kanker- en Alzheimerpasiënte te brei.

POLOKWANE – In Polokwane is daar ‘n groep vroue wat brei, wat ‘n verskil maak in ander mense se lewens – of dit nou die kankerpasiënte in die Pietersburg Provinsiale Hospitaal is of die inwoners van ‘n ouetehuis, daar word vir hulle gebrei.

Die vroue is Polokwane se eie Grannies Who Care.

Die oorspronklike Grannies Who Care is ‘n organisasie sonder winsbejag wat in Johannesburg gevestig is.

Hulle help dikwels ook Polokwane se oumas met breiprojekte.

Dié vroue het onlangs mussies gebrei wat hulle aan Ons Tuiste geskenk het.

Ons Tuiste verskaf die wol aan die breiers en wanneer hulle weer die mussies terugkry, word dit aan die Tough Living with Cancer-saal by die provinsiale hospitaal geskenk.

Daar word ook ander items gebrei soos handverwarmers.

Carin Meintjes, bestuurder by Ons Tuiste, verduidelik dat dié handverwarmers nie gewone handskoene is nie.

“Die verwarmers word in die rondte gebrei en versier met tossels en ander items wat deur die Alzheimerpasiënte gevryf kan word. Dit stimuleer pasiënte en hou hulle rustig. Ons wil ook die boodskap aan ons inwoners en personeel oordra dat ons as Ons Tuiste nie net ontvang nie, maar ook teruggee,” het sy opgemerk.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button