Local News

Osie-krieketspanne te sterk vir Louis Trichardt

Beide die o/10- en eerstespanne het verlede Dinsdag gespeel, met die eerstespan wat na Louis Trichardt gereis het.

POLOKWANE – Laerskool Pietersburg-Oos se krieketspanne het verlede week teen hul eweknieë van Louis Trichardt te staan gekom en uitstekende spel gelewer.

Beide die o/10- en eerstespanne het verlede Dinsdag gespeel, met die eerstespan wat na Louis Trichardt gereis het.

Oosskool se senior manne haal LTT se span uit met ‘n telling van 90/10, waarna Oosskool die wedstryd met vier paaltjies wen nadat Hector Swart 32*(46) en Luwhan Oosthuizen 23* (35) vir die meeste van die span se lopies gesorg het.

Die o/10-span teken ‘n indrukwekkende telling van 276/6 aan in die toegelate 25 boulbeurte, en knikker hul teenstanders daarna uit vir 72/10.

Spelers wat die wilgerlat laat werk het, het ingesluit NJ Pretorius 95(63), Jamie Hawken 40(30) en Driaan Nel 28(21).

Die tweede span klop Louis Trichardt ‘n dag later met drie paaltjies en ‘n telling van 89/7, nadat hulle die opponente dwing tot slegs 88 lopies.

Spelers wat Oosskool se lopietelling opgejaag het, het ingesluit Eben Smit 14(30), Keagan Smuts 11(14) en Zack Koekemoer 9*(7).

Livhan van der Merwe beïndruk in sy boulbeurt met ‘n telling van vier paaltjies in 14 aflewerings.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button