Local News

AGS Groeipunt verwelkom nuwe pastoor

Pastoor Tieine van Wyngaard neem die leisels by AGS Groeipunt Mokopane en bring 12 jaar bedieningservaring en 'n passie om die gemeenskap te dien.

MOKOPANE – Pastoor Tienie van Wyngaard neem vanjaar die leisels oor by die AGS Groeipunt Mokopane, nadat past. Richard Vigus na 38 jaar in die bediening afgetree het.

Van Wyngaard is reeds 12 jaar in die bediening en het in Desember 2024 vanaf Groblersdal na Mokopane verhuis.

Hy het in Polokwane grootgeword en, nadat hy in 2010 tot bekering gekom het, besef dat hy geroep is tot die voltydse bediening.

Hy het in 2012 by die Derby Akademie in Polokwane begin met teologiestudies, en ontvang sy BTA-graad in 2015.

Die jaar daarna voltooi hy sy honneursgraad, en hy is tans besig met ‘n meestersgraad.

Hy vertel dat sy bedieningsreis in 2013 in Steelpoort begin het, waar hy vir vier jaar met die jeug gewerk het en terwyl hy sy studies voltooi het, aan die begin van 2017 het hy Groblersdal toe geskuif.

“Ons is vandag in Mokopane omdat die Here my en my gesin hier wil hê. Ek het in 2023 vir Irene en Richard by ‘n konferensie raakgeloop en gesels, en daardie aand het ek die Heilige Gees se teenwoordigheid gevoel rondom ‘n skuif hierheen. Ek het dieselfde aand vir my vrou gesê, die Here het vanaand met my gepraat en ons gaan Mokopane toe verhuis, maar ek weet nog nie wanneer dit gaan wees nie.”

Hy vertel dat dinge in September verlede jaar tot ‘n punt gekom het, met Vigus se aftrede.

“Die beroepingsproses het begin en daar was wel ander kandidate, maar uit die proses het ons regtig geweet die Here bring ons Mokopane toe.”

Van Wyngaard en sy gesin is baie opgewonde oor die nuwe seisoen in hulle lewens.

Hul oudste seun, Tiaan, is vanjaar in gr. 8 by Hoërskool Piet Potgieter, Reinhardt in gr. 4 by Laerskool Krugerpark, en die egpaar het ook ‘n dogter van drie jaar, Miné.

“Ons sien regtig baie uit daarna om verhoudings te bou, mense te leer ken en om te sien wat die Here wil kom vestig in die dorp. Ons is praktiese mense en ons harte en menswees is oop vir enige iemand. Ons is hier om te dien en om die Here se hande en voete te wees. Ons deure staan oop vir enige iemand wat ‘n behoefte het, julle is welkom om ons te kom sien, ons sien uit om die pad saam met almal te stap.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer. She holds a Diploma in Journalism and is passionate about sharing authentic stories and making a positive impact through those stories. Although her journey in journalism was unexpected, she found herself drawn to it from the very beginning. Despite an initial career in Digital Marketing and Communications, she has recently reignited her passion for journalism and is excited to be back in the field she loves. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that.

Related Articles

Back to top button