Local News

Roedtan: Dis net water waar jy kyk

Olaff de Meyer, wat op 1 Januarie 102mm reën gemeet het - die meeste op een dag in die area - sê die reën het in twee vloede uitgesak.

LIMPOPO – Inwoners van Roedtan en omgewing het gejuig oor die milde reën wat die afgelope tyd uitgesak het, wat langdurige droogte teenwerk en die versengende hitte breek.

Die landbousektor het die afgelope tyd gebuk gegaan onder verskeie hittegolwe en min reën.

Foto’s en video’s is mildelik op sosiale media gedeel, waar inwoners met veral rubbereende in die water ronddryf.

‘n Lugfoto van die watermassa in en om Roedtan.

Vir een egpaar, wat sowat 6km buite Roedtan woon, het die reën egter in beproewing verander.

Nie ver van hul huis nie, het die dam oorspoel en die massa water het enkeldiepte deur die huis gevloei.

“Ons het reeds vanaf 18 Desember sowat 400mm reën gemeet, wat veroorsaak dat die grond nou versadig raak en die lande kan nie meer die afvoerwater hanteer nie,” het hulle vertel.

Die water het enkeldiepte deur hierdie eiendom gevloei en redelik skade aangerig.

Die egpaar was nie tuis toe die oproep deurgekom het van die water binne-in die huis nie en hulle versekeringsdiensverskaffer is ook reeds in kennis gestel.

Chris Erasmus van die Roedtan Hotel vertel tong-in-die-kies dat inwoners voor die hotel heerlik in die water baljaar het.

“Ons was baie gelukkig want die water het tot by die boonste trap gekom en toe nie verder nie, maar vir my om nou by die hotel uit te kom maak ek gebruik van ‘n trekker.”

Die watermassa het groot skade aan paaie aangerig, en inwoners wat nie viertrekvoertuie ry nie sit met hul hande in die hare.

Volgens hom het die gebied laas in 1981 vloede ondervind.

Olaff de Meyer, wat op 1 Januarie 102mm reën gemeet het – die meeste op een dag in die area – sê die reën het in twee vloede uitgesak.

“Die eerste een was so 11km ver op die Verwegpad en die tweede vloed het gekom so 20km uit op die Singlewoodpad. Dit het veroorsaak dat die lande verspoel, paaie is onbegaanbaar, soveel so dat mense vasgekeer is in hul huise en die damme en riviere vloei oor hul walle.”

Water so ver soos jy kan sien.

Wilna Niemann vertel dat hul op die plaas net sowat 5mm reën gehad het maar weens die versadigde grond is die afvoerwater regdeur die huis gevoer.

“Dit was nogal iets om te aanskou. Dit het geklink asof ons op die strand is soos die water deur die huis loop,” vertel sy, “daar was gelukkig nie baie skade nie”.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button