Local News

Waterburg High School neem afskeid van ‘n legende

Waterburg High School neem na 43 jaar se toegewyde diens, afskeid van geliefde onderwyser, Estelle Smuts.

MOKOPANE – Waterburg High School het in Desember 2024 afskeid geneem van ‘n jarelange legende by die skool, naamlik Estelle Smuts.

Die hoof, personeel en leerders van dié skool het hul dank in ‘n brief uitgespreek:

“Dit is met ‘n swaar hart dat Waterberg High School van jou afskeid neem. Jy het diep spore by Waterberg en in die onderwys oor die algemeen getrap in jou loopbaan van 43 jaar. Jy laat kosbare herinneringe agter, van waar jy destyds by Gresswold Senior School in Johannesburg begin het, by Harry Oppenheimer Secondary School en North Crest ook gedraai het en daarna 26 goue jare by Waterberg High School deurgebring het.

“Daar is skitterende uitslae in Engels Eerste Addisionele Taal in gr. 11 en gr. 12, met vele toekennings in die Potgietersruskring asook Mogalakwenadistrik en oor die jare getuig dit van jou harde werk, lojaliteit, kundigheid en doelgerigtheid as unieke opvoeder. Ons verloor nie net ‘n uitnemende onderwyser nie, maar ook ‘n wonderlike kollega en vriendin. Geniet jou welverdiende aftrede en rus lekker. Ons wens jou alles van die beste toe met die nuwe hoofstuk in jou lewe. Met baie baie liefde, ons salueer jou.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button