Local News
KYK: Kinkel in dié visvang-kabel
'n Boer van Thabazimbi het ‘n video op sosiale media gedeel waar gewys word hoe visse in ‘n modderpoel op sy plaaspad rondspartel. Die plaas is ongeveer 20km van die naaste rivier af.

LIMPOPO – Na maande waar boere in Limpopo gebuk gegaan het onder droogte, het die wolke in Desember begin saampak en die reën vir dae aaneen geval.
‘n Boer van Thabazimbi het ‘n video op sosiale media gedeel waar gewys word hoe visse in ‘n modderpoel op sy plaaspad rondspartel.
Hy sê hulle het ‘n bakkie, wat vir twee dae vasgesit het, gaan uithaal toe hulle die kurpers sien. Die plaas is ongeveer 20km van die naaste rivier af.
In die video kan gesien word hoe die visse gevang word om hulle weer in die dam en rivier vry te laat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.