Local News

Januarie: Polokwane se hoogste reënval in jare

Van die 145mm in November was omtrent 100mm op een dag met die eerste harde reën en Desember se reënval was gemiddeld.

POLOKWANE – Inwoners van die stad het in die laaste gedeelte van 2024 en die eerste week van die nuwe jaar egte somerweer met warm dae en gereelde donderstorms te beurt geval en volgens voorspellings kan nog reën verwag word.

Die stad se strate is oorstroom en munisipale werkers het hul hande vol om gate te herstel en oorspoelings op te ruim.

‘n Inwoner van die stad, Mark Markgraaf, hou al jare lank noukeurig statistiek by van reënval in Bendor en het die onderstaande syfers verskaf:

Markgraaf verwag nog meer reën vir die res van die maand wat ‘n rekordmaand tot gevolg sal hê. Hy hoop dat die baie reën wat nou val, nie ‘n droë laatsomer tot gevolg sal hê nie.

Franco Marx hou die reënval noukeurig dop en sy twee seuns, Marnus en Danru is baie opgewonde dat hulle gedurende die skoolvakansie met hul opblaasbote op die plaasdam wat pa Franco op sy erf aangelê het, kon roei.

Marx wys daarop dat reënval vroeg in die jaar (2024) baie laag was en ook vroeg opgehou het teenoor ander jare.

“Gewoonlik begin ons al reën kry in September maar eintlik in Oktober, maar in 2024 het ons egter niks reën in September of Oktober gekry nie en eerste reën eers in November,” wys die statistiek.

Van die 145mm in November was omtrent 100mm op een dag met die eerste harde reën en Desember se reënval was gemiddeld.

ë

“Dit is wonderlik dat daar reeds 200mm in Januarie geval het en dit was die tweede hoogste reenval in 20 jaar vir Januarie. Ek verwag nog reën maar dit is moeilik om te voorspel wat die res van die somer gaan gebeur.”

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens was versigtig optimisties oor die verdere vooruitsigte van reën tot laat in die somer en het aangedui dat verskeie eksterne faktore wat onvoorspelbaar is, weerpatrone kan beïnvloed.

Nadat die Polokwane Munisipaliteit grootliks daarin geslaag het om die meeste van die slaggate in die stad se strate op te vul, het die welkome reën wat die afgelope tyd geval het, baie gate weer oopgespoel en ‘n massa nuwe gate gevorm.

Die owerheid se werkspanne is reeds besig met die reuse taak om op te vul waar moontlik, maar dit is duidelik dat die skade op baie plekke so erg is dat die gedeeltes herbou sal moet word.

Veral die versamelroetes wat swaarder verkeer dra, het erg deurgeloop en ‘n besige straat soos DieMeer en sy aansluitings is op plekke onbegaanbaar sodat verkeer noodwendig aan die verkeerde kant van die straat moet ry.

By die aansluiting van DieMeer en Veldspaatstraat het verkeer Dinsdagmiddag nog vir meer as ‘n kilometer opgedam en groot ontwrigting veroorsaak.

Die toegange tot die N1 vanuit Tweefontein, veral in die omgewing van die kommersiële ontwikkeling, het oorstroom en ‘n gevaar vir verbygaande verkeer geskep.

Dit kom voor asof verstopte en oorstroomde stormwaterinlate en swak beplanning grootliks tot die oorstromings bygedra het en skade aan infrastruktuur is oral in die stad opgemerk.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button