Local News

Bederfdag vir Polokwane se vroue in nood

Kosmos Angels Polokwane, tesame met Heart-Drive/Heart Cycle Projekte NPC het besluit om 30 vroue in nood op 22 Februarie te bederf.

POLOKWANE – Vroue hou daarvan om te pamperlang en bederf te word. Hulle hou van lekkerruiksepies, gesigroom en dalk ‘n titseltjie grimering. Dit is egter nie almal beskore nie.

Kosmos Angels Polokwane, tesame met Heart-Drive/Heart Cycle Projekte NPC het besluit om 30 vroue in nood op 22 Februarie te bederf.

“Ons beplan om dit ‘n onvergeetlike dag te maak vir vroue in nood. Hierdie vroue is uit behoeftige gesinne of is enkelmammas wat hulself nie sommer bederf nie. Hulle is ook kosmosse, karwagte en vroue wat hulself as gevolg van omstandighede verwaarloos het,” vertel Bertie Nel van Kosmos Angels Polokwane. Ons benodig skenkings van klere, skoene, toiletware, handdoeke, kos, en meer. Jou bydrae sal ‘n groot verskil maak in die lewens van hierdie vroue. As jy belangstel om te skenk of ons met die beplanning te help, kontak ons asseblief.”

Kontakbesonderhede:
• Bertie Nel: 066 226 5011.
• Mariza Pelser: 067 538 5477.

Skenkings kan ook in Kosmos Angels Polokwane se bankrekening inbetaal word:

Kosmos Angels Polokwane
Tymebank
Rekeningnommer: 51000140055
Takkode: 678910
Verwysing: Dames

“Baie dankie vir jou ondersteuning en bydrae om hierdie ‘n spesiale geleentheid te maak,” sluit Bertie af.

Die volgende stasies word beplan:

1. Registrasie: Die vroue word ontvang en geregistreer.
2. Ontbyt: Koffie en ‘n ligte ontbyt word bedien.
3. Klere: Elke vrou ontvang ‘n stel klere en skoene.
4. Stort: Vroue kry toiletware, ‘n waslap en ‘n handdoek, en kan ‘n warm stort neem.
5. Hare: Hulle hare word gesny en gekam.
6. Naels en hande: Elkeen kry ‘n manikuur.
7. Voete: Elkeen ontvang ‘n pedikuur.
8. Gesig: Die vroue sal gesigsbehandelings ontvang.
9. Mediese: Die vroue se algemene gesondheid word bepaal.
10. Geestelike bediening: Hulle ontvang berading.
11. Motiveringspreker: ‘n Vroulike geestelike leier spreek die vroue toe en almal geniet ‘n High Tea.
12. Totsiens sê: Elke vrou ontvang ‘n geskenkpakkie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button