Local News

Swartsakke vol vullis maak sý ‘n verskil

Lulihana Mostert (12) lei Polokwane-skoonmaakwerk, ondersteun diereskuilings en skenk aan plaaslike hospitale.

POLOKWANE – Vroeg Saterdag, terwyl die meeste jongmense nog ‘n bietjie laat slaap voor die skole gister begin het, het die 12-jarige vrywilliger Lulihana Mostert reeds begin om die park oorkant HTS Tom Naudé skoon te maak.

Sy is ‘n gr. 7-leerder by Laerskool Pietersburg-Noord en ook ‘n Miss Teen Elegant-finalis.

Sy is laat verlede jaar as finalis aangewys en die kroning vind later vanjaar in Augustus plaas.

As finalis moet sy gemeenskapswerk doen en om die park skoon te maak, is een van vele aksies wat sy geloods het.

“Ek samel ook kos in vir die Polokwane DBV en Kitty Rescue 911, en dan het ek items van swanger mammas en pasgebore babas wat ek by die Pietersburg Provinsiale Hospitaal gaan afgee en tuisgemaakte speelgoed vir die babas by Ngwana Babahuis. Die speelgoed is aan my geskenk vir hierdie doel.”

Manani Botes, Mev. Limpopo Provinsie 2024 en radio-omroeper, is Lulihana se rolmodel.

“Ek hou baie van Manani en wil graag soos sy wees. My beste dag was die dag toe ek haar ontmoet het.”

Lulihana gaan ook ‘n onderhoud met Amanda Ellis van Kitty Rescue 911 hê, waar sy self die vrae gaan vra.

Sy is lief vir diere en sê as sy ‘n superkrag kon hê, sou sy graag met diere wou praat. Sy beoog om nog vrywilligerwerk by beide die DBV en Kitty Rescue 911 te doen.

Sy en ander vrywilligers het Saterdag agt sakke vol rommel gemaak.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button