Local News

PHS-Boontjies rank op die verhoog

By Hoërskool Pietersburg se Aand van die Sterretjies, die gr. 8-leerders, 'n kort toneelstuk opvoer waarvan vrees een van die onderwerpe was.

POLOKWANE – Daar is meer as 500 bevestigde fobies in die wêreld, waarvan die vrees vir hoogtes, spinnekoppe en beknopte ruimtes waarskynlik die bekendste is.

By Hoërskool Pietersburg se Aand van die Sterretjies moes die Boontjies, oftewel die gr. 8-leerders, ‘n kort toneelstuk opvoer waarvan vrees een van die onderwerpe was. Van die elemente wat in elke toneelstuk gebruik moes word, was Brendan Peyper, ‘n fobie en ‘n Afrikaanse woord.

Ceres het besluit op pedikulofobie, ‘n vrees vir luise, iets wat volgens hulle gereeld in kleuterskole voorkom. Die kleuterskool was ook hulle verhoog en Brendan Peyper het die kleuters en hulle ouers se asems weggeslaan. Die woord wat hulle moes inkorporeer, was ‘vaaljapie’.

Pluto se fobie was vir skerp lig, oftewel heliofobie en die toneelstuk het in die Kalahari afgespeel. Brendan Peyper het hier besluit om inspuitings toe te dien.

‘Dr. Kaspaas’, wat ook dié groep se belangrike woord was, was gereed om die sonverbrande pasiënt by te staan en te beskerm teen Brendan se inspuiting.

Proxima se storie vind op ‘n plaas plaas met ‘n vrees vir water, akwafobie, en hulle woord was ‘kabaal’.

Brendon het ‘n vrees vir water, maar nie vir getroude vroue nie. Hy word egter gou verjaag deur die vroue se rugbyspelermans.

Constella het ‘n vrees vir visse, naamlik ichthyofobie, en die haai op die verhoog, saam met die lewendige wasbeelde in die verbode kamer van die museum, het gesorg vir vreesaanjaende oomblikke. Hulle woord was ‘janspariwari’.

Die leerders is beoordeel op hulle groentjieliedjie en kleurliedjie, hulle kreet, die bewegings van hulle lyndanse, die gelyke tempo en humor van hulle samespraak asook die oorspronklikheid en die gebruik van alle voorgeskrewe elemente op ‘n kreatiewe wyse in hulle storielyn.

Constella het almal uitgestof en is as wengroep aangewys.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button