Local News

Mama Meyer groet Waterberg High School na 38 jaar

Na haar afsluiting gaan Altie Meyer eers rustig by die huis vertoef en haar man, Koos ondersteun met sy besigheid.

POLOKWANE – ‘Mama Meyer’ soos die matriekleerders haar, noem groet Waterberg High School, asook die onderwys, na 38 jaar.

Altie Meyer is die bekende onnie met die wilde hare, die geografie-onnie wat al die jare in klaskamer ses te sien was.

“Ek het in Januarie 1991 in kamer ses ingestap en ek stap nou na 34 jaar by kamer ses uit,” vertel sy.

Haar loopbaan in die onderwys het in 1987 by Laerskool Thabazimbi begin.

Sy het vier jaar skoolgehou vir gr. 4- en 5-leerders, en daarna het die onderwysdepartement haar Waterberg High School toe verplaas.

“Die skool was eers ‘n skool vir kinders wat emosionele en huislike probleme gehad het. Ons was ‘n groep onderwysers wat elk ‘n groep van 15 kinders gehad het wat saam met sielkundiges gewerk het om die emosionele toestand van die kinders te monitor. In 1994 het die staat oorgeneem en die skool het ‘n Engelse tegniese skool geword, en later van tyd sou Waterberg High School gevestig word as ‘n Engelse akademiese skool.”

Sy het skoolgehou vir gr. 8- tot 12-leerders – wiskunde, geskiedenis, kuns en kultuur en aardrykskunde (geografie).

Van die enkele hoogtepunte was haar gr. 12-uitslae, vertel sy.

Sy het vanaf 2015 die beste geografie uitslae in die Potgietersruskring behaal, en vier keer die beste in die Mogalakwenadistrik.

Sy is ‘n roetinemens, en vertel dat sy die skool in daardie opsig gaan mis.

“Ek gaan ook die vriendskappe wat ek gemaak het mis, die kinders wat waardering het, die kinders met ‘n goeie gesindheid, die hardwerkendes – dié wat waardering vir my gehad het nie net as onderwyser nie, maar as mens ook.”

Een van die hoogtepunte wat sy sal koester, was om saam met skoolhoof André Horn te kon werk, vertel sy.

Na haar afsluiting by die skool gaan sy eers rustig by die huis vertoef en haar man, Koos ondersteun met sy besigheid.

“Daarna gaan ek my eerste trip met die Harley Davidson vroeg in April vat,” vertel sy.

By die skool het sy baie liefde en vriendskap ervaar: “Vir 34 jaar was die skool my huis weg van die huis, klaskamer ses was my tuiste. Dis waar ek my man ontmoet het, my troue beplan het, vriende gemaak het, die tyd waarin ek my broer begrawe het, teen lupus baklei het en ‘n klomp teleurstellings en hoogtepunte ervaar het.”

Sy sluit af: “Ek gaan weg met ‘n hart wat tevrede is en wat oorloop van dankbaarheid, teenoor die Here wat my hier geplaas het. En ek kyk met liefde na goeie geleenthede en mense wat oor my pad gekom het.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button