Local News

SA’s wink vir dié skaakkampioen

Die kampioenskappe is ‘n toernooi waar spelers gekies is om Suid-Afrika internasionaal te verteenwoordig. Dit is die toppunt en laaste been van die junior seleksies.

POLOKWANE – Volgens afrikaans.com is skaak een van die oudste speletjies ter wêreld. Volgens die legende het skaak meer as 1 500 jaar gelede ontstaan toe ‘n Indiese koning sy raadgewers gevra het om ‘n spesiale speletjie uit te dink.

Dié speletjie moes die koning se soldate leer hoe om nie net in die oorlog te veg nie, maar om te dink oor hoe hulle veg.

Die speletjie het oor die jare min verander en is baie dieselfde as die skaak wat vandag nog gespeel word.

By Pietersburg Laerskool oefen die leerders elke Donderdag hulle skaakvernuf en neem gereeld aan kompetisies deel.

Een so kompetisie was die distrikskampioenskappe op 1 Februarie. Die skool se span het deelgeneem en Adenei Ras is gekies om aan die Suid-Afrikaanse Junior Geslote

Skaakkampioenskappe (SAJCCC) van 31 Maart tot 5 April in die Wes-Kaap deel te neem.

“Ek speel reeds vanaf gr. 2 skaak en geniet dit baie. Dit maak ‘n mens slim in wiskunde.”

Die kampioenskappe is ‘n toernooi waar spelers gekies is om Suid-Afrika internasionaal te verteenwoordig. Dit is die toppunt en laaste been van die junior seleksies. Die top vyf van elke afdeling sal Suid-Afrika internasionaal kan verteenwoordig.

Adenei gaan in die o/12-afdeling deelneem.

“Aan die begin was skaak moeilik, maar hoe meer ek geoefen het, hoe makliker het dit geraak. Ek hou van die feit dat ‘n mens jou provinsie en land kan verteenwoordig met skaak. Om te verloor is nooit lekker nie, daarom werk ek hard om nie te verloor nie.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button