Bea Beytell en haar pa, Johan, in die kruiwaresies.
POLOKWANE – Leerders moet reeds van ‘n vroeë ouderdom af aan verskillende aktiwiteite blootgestel word.
Een van die belangriker aktiwiteite in hulle skoolloopbaan is atletiek – van hardloop en hekkies tot hoogspring en gewigstoot was op die program toe Oosskool se gr. R-atletiekprogram verlede Woensdag op die skool se rugbyveld gehou is.
Jackson Mildenhall van die Leeuklas gebruik sy arms om hoër te spring.
Lené Olivier van die Leeuklas hardloop na die wenstreep.
Ethan de Necker se pa, Cilliers, wens hom geluk na sy wedloop.
Ivannah Phoshoko van die Krokodilklas klouter deur die hoepel.
Raylan Rouse van die Kameelperdklas hardloop op sy vinnigste.
Shoko Mamabolo van die Olifantklas spring hoog oor die hekkie.
Chanté Zeelie van die Seekoeiklas smul aan ‘n roomys.
Daniël Jansen van Rensburg van die Zebraklas is in sy noppies met die wenbeker.
Ma’s en pa’s, oupas en oumas en selfs ooms en tannies was langs die baan om die jongelinge aan te moedig om hulle beste te gee.
Die sakresies, hindernisbaan en kruiwastoot was van die gewilde items waaraan daar deelgeneem is. Elke leerder is ook met ‘n roomys bederf voor hulle huiswaarts kon keer.
Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.