Local News

FOTO’S: ICO-atletiek by Akademie Reformia

Dié jaarlikse geleentheid bied die ICO-skoolgemeenskap die geleentheid om informeel mee te ding.

POLOKWANE – Die Instituut vir Christelike Onderwys (ICO) se atletiekbyeenkoms, aangebied deur Akademie Reformia (AR), het Saterdag by Tom Naudé Tegniese Hoërskool plaasgevind.

Dié jaarlikse geleentheid bied die ICO-skoolgemeenskap die geleentheid om informeel mee te ding.

Reffie-hoof Natasha Fourie het verduidelik dat onderwysers bande bou, kinders van verskillende skole mekaar onthou en vriendskappe begin vorm, en ouers van die verskillende skole die byeenkoms geniet en mekaar aanmoedig.

Deelnemende skole het ingesluit Centurion Christelike Laerskool, Christian School Lesedi la Ditshaba, Gereformeerde Laerskool Dirk Postma en Gereformeerde Laerskool Johannes Calvyn.

Fourie het bygevoeg dat dit belangrik is om fisieke oefening in die opvoedingsproses in te sluit.

“Die Here verwag van ons as mense om die tempel van die Heilige Gees fiks, sterk en gesond te hou binne ons fisieke vermoëns. Só verheerlik ons die Here met ons liggame. Kinders leer ook belangrike vaardighede soos wen en verloor, uithouvermoë en volharding, spanwerk en goeie sportmangees, reëls en gehoorsaamheid,” het sy gesê.

Annelieke Visser van die ICO het verduidelik dat daar 14 onafhanklike Christelike skole is wat jaarliks byeenkom om teen mekaar in atletiek mee te ding. Die atlete is tussen vyf en 13 jaar oud.

Altesaam nege rekords is opgestel, waarvan Nika de Witt van Akademie Reformia rekords opgestel het in die spiesgooi, en gewigstoot vir meisies o/10.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button