Local News

Lawaaibraai saam Flooze by PHS

Vier vorige spankapteins van PHS se sportspanne van 2015 was ook gaste by dié spoggerige geleentheid.

POLOKWANE – Ouers en ondersteuners van Hoërskool Pietersburg (PHS) se rugby-, hokkie- en netbalspanne het hulle Saterdagaand gate uit geniet toe die skool se eerstespanlede tydens ‘n lawaaibraai aan die gehoor bekendgestel is met die bekende kunstenaar, akteur en deesdae ook motiveringspreker, Sorina oftewel Flooze wat as gasheer opgetree het.

Skoolhoof Adolf Ellis en verteenwoordigers van die borge, X-Fuels en BB Motor Group het aan elke speler ‘n spesiale skooldas oorhandig en hulle sterkte toegewens met die jaar wat voorlê.

Vier vorige spankapteins van PHS se sportspanne van 2015 was ook gaste by die geleentheid en het aan’n groepsbespreking wat deur die Flooze gelei is, deelgeneem en vertel wat hulle gemotiveer het om sukses te behaal in hul sportsoorte. Almal was dit eens dat baie oefening en totale toewyding die sleutel tot sukses is.

Die kapteins van die hokkie-, netbal- en rugbyspanne het ook hul plekke op die bank op die verhoog ingeneem en is deur die Flooze ondervra oor hulle siening van sake. Dit was duidelik dat hul afrigters ‘n groot rol in hul suksesverhale gespeel het en dat deursettingsvermoë, harde en gereëlde oefening en toewyding die antwoord tot sukses was.

“Rugby, netbal en hokkie is spansporte en daar is nie sterk en swak skakels nie. Elke speler moet sy deel doen en die sukses van ‘n span berus op elkeen se bydrae,” glo hulle.

Die Flooze het daarna ‘n oop gesprek met haar gehoor gehad en vertel hoe haar sukses op die verhoog begin het met ‘n klein rolletjie in 7de Laan en hoe sy daarna haar loopbaan gediversifiseer het en dit regkry om nog steeds te vermaak terwyl sy twee kinders, Braambossie (9) en Miama (7) grootmaak en baie kwaliteittyd saam met haar man, Braam Riekert, met wie sy al 15 getrou is, kan deurbring.

Sy het ‘n meestersgraad in die regte verwerf en nie regtig kans gesien vir ‘n professionele loopbaan nie, het sy vertel. Sy is gelukkig om ‘n sepiester, aktrise, sangeres, komediant, TV aanbieder, seremoniemeester en liedjieskrywer te wees.

Haar lewensmotto is “Wat ek is, is net genade en wat ek het, is net geleen,” het sy vertel en die sportlui bemoedig en hulle aangeraai om ‘n gebalanseerde lewe te lei.

“Bly nederig en maak plek vir dié onder aan die leer. Hulle sien op na jou sonder dat jy dit agterkom en onthou altyd dat dit nie maklik is om bo uit te kom nie, maar nog moeiliker is om daar te bly,” was haar boodskap.

Skoolhoof Adolf Ellis het die borge, X-Fuels en BB Auto Group en Steakshop en die ouers wat as geshere opgetree het, van harte bedank vir hul ondersteuning.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button