Local News

PHS vat weer die interhoërtrofee

Beide die junior Victrix Ludorum (Nelanie Meiring) en die junior Victor Ludorum (Nolan Pieterse) is PHS-atlete.

POLOKWANE – PHS het vanjaar weereens gewys dié skool spog met topatlete toe hulle Vrydagaand vir die 13de agtereenvolgende keer met vanjaar se Interhoërbeker huis toe is.

Northern Academy het gasheer gespeel vir dié jaarlikse atletiekbyeenkompetisie wat by die Peter Mokaba Stadion gehou is.

Plaaslike skole wat deelgeneem het, sluit in Hoër Tegniese Skool Tom Naudé, Hoërskool Pietersburg (PHS), Curro Heuwelkruin en Northern Academy.

Elke skool het hul rasieleiers saamgestuur om die atlete aan te moedig en ‘n energieke atmosfeer te skep.

Atlete het weke vooraf voorberei en goeie uitslae is behaal. PHS het met nie minder nie as ses trofeë huis toe gegaan.

Beide die junior Victrix Ludorum (Nelanie Meiring) en die junior Victor Ludorum (Nolan Pieterse) is PHS-atlete en Nelanie is ook as beste junior meisiesbaanatleet aangewys.

Marelie van der Merwe is as die beste individuele meisie aangewys met haar prestasie in die 200m.

Beide die seun- en meisiespanne is as wenspanne aangewys.

PHS se dirigente het die trofee vir die beste dirigente-opkoms ontvang met hulle tema ‘Toy Story’.

In die aanloop tot interhoër het Tom Naudé en PHS se leerders ‘n geesweek gehou, waar hulle elke dag op ‘n unieke manier hul spangees gewys het.

By Tom Naudé het leerders verlede Maandag ‘mal’ kouse gedra, terwyl hulle Dinsdag hul uniforms met neonkleure gekombineer het.

Woensdag was die tema ‘Upside Down and Inside Out’, en leerders het hul uniforms verkeerdom en onderstebo gedra. Donderdag het hulle klein wit leuens op papiere geskryf en dit as deel van die tema ‘Little White Lies’ aan hul uniforms vasgemaak.

By PHS het leerders Maandag met hul gunsteling speelgoed by die skool opgedaag, en Dinsdag moes hulle hul boeke in enigiets behalwe ‘n skooltas bring.

Woensdag het leerders en onderwysers iets saam met hul skoolklere gedra wat hulle aan ‘n onderwyser of leerder laat dink het, en Donderdag moes hulle iets anders as skoene aan hul voete dra.

Die geesweek is Vrydag feestelik afgesluit met gesigverf, wat vir ‘n kleurvolle en energieke atmosfeer gesorg het.

Met hierdie kreatiewe en prettige aktiwiteite het die skole hul spangees ‘n hupstoot gegee en ‘n opwindende interhoërweek beleef!

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button