Local News

Uitbreek van Afrika-kommadowurms in Lim aangemeld

Weens die goeie reën wat die afgelope tyd ontvang is, is die gras baie welig so die wurms is nie dadelik sigbaar nie.

POLOKWANE – ‘n Uitbreking van die Afrika-kommandowurm (Spodoptera exempta) is onlangs aangemeld in die Roedtan-, Settlers- en Mookgophongomgewing.

Jaco van der Walt, ‘n boer van die omgewing vertel dat hierdie plaag hoofsaaklik op grasse voed.

“Weens die goeie reën wat die afgelope tyd ontvang is, is die gras baie welig so die wurms is nie dadelik sigbaar nie en as jy die wurm waarneem dan is die gras al van onder af weggevreet. Die wurms vreet die blare af, dis net die stokke wat daar staan en dan kan die gras ook nie meer fotosinteer nie,” sê Van der Walt en voeg by dat weivelde besonder kwesbaar is.

Alhoewel chemiese beheer met sintetiese piretroïedinsekdoders ‘n opsie is, is dit dalk nie altyd koste-effektief nie vanweë die uitgebreide gebiede wat geraak word. Van der Walt spuit ‘n gifstof wat ‘n gas bevat om die plaag te beheer.

Hy sê ook dat dit van kardinale belang is vir boere om waaksaam te bly en toepaslike maatreëls te tref om hul gewasse en vee te beskerm. “Tydige aanmelding help met die effektiewe bestuur en beheer van die uitbreking.”

Vir akkurate identifikasie en aanmelding van die Afrika-kommandowurm, kan boere CropLife Suid-Afrika kontak deur beelde en liggingbesonderhede per WhatsApp te stuur aan dr. Gerhard Verdoorn by 082 446 8946 of Hiresh Ramanand by 082 497 6975.

Volgens Verdoorn, direkteur van die Griffon Gifinligtingsentrum en ’n konsultant vir die landbou-chemiese bedryf, word die infestasie as ’n ‘reuse uitbreking’ beskryf.

“Dit is seker die tweede grootste uitbraak wat ek in 30 jaar gesien het,” vertel Verdoorn en bevestig dat die kommando-wurm die grootste gevaar inhou vir grasspesies en aangeplante veeweiding. Die wurm sal nie sommer gewasse aanval nie,” het hy getroos.

Hy verduidelik dat sipermetrien (nie om te verwar met Super-Mathrin nie) die beste bestrydingsmiddel is vir die kommandowurm. “‘n Mens kry ’n spesifieke sipermetrien wat vir kommandowurms gebruik word, en boere kan net die etiket nagaan om seker te maak dat jy die regte een aankoop. ‘n Volume van 200ml sipermetrien per hektaar kan gespuit word om van die wurms ontslae te raak.”

Hy het boere egter gewaarsku teen ander ‘harde’ chemiese stowwe. “Die sipermetrien is meer omgewingsvriendelik, en is skadeloos vir voëls, ander diere en waterbronne. Indien jy ’n kolonie wurms op die grondpad sien beweeg, kan jy vooruit met ’n ploeg, ’n voor grou waarin die wurms sal beland, dan is dit makliker om hulle te spuit en weer toe te gooi,” het hy afgesluit.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button