Liah van der Walt se kop is in die wolke en Emily Buitendag is haar juffrou se oogappel.
POLOKWANE – Taal is deel van elkeen van ons se kultuur. Dit is waarin ons lag, huil, verlang en beplan. Elke taal het sy unieke idiome, van ‘n kat in die sak koop tot skouer aan die wiel sit.
Idiome maak die taal kleurvol en dit help om idees, gedagtes en emosies op ‘n treffende manier aan ander oor te dra sonder om lang verduidelikings te gee.
Owen Hollingshead hou hom baie slim.
Die Saaiman sibbe: Xoan is die witbroodjie, Liah-Rose reën katte en honde en Zarthlo is vinkel sonder die koljander.
Lieb Oosthuizen sê elke sport het sy besering.
Ija Naudé is soos ‘n kat op ‘n warm plaat.
By Oosskool het die leerders Vrydag Idioomdag gehou. Hulle kon gewone klere aantrek en dan hulle gunsteling idiom uitbeeld. ‘Vinkel en Koljander, die een is soos die ander’, tot ‘ek is my juffrou se oogappel’ en ‘daar is ‘n slang in die gras’ en vele meer is uitgebeeld en elke idioom is met kleur in die leerders se geheue vasgelê.
Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.