Local News

Stoot, spoed… kaskarre!

Vroeg Vrydagoggend het leerders en hulle ouers opgewonde by die skool opgedaag, gereed vir ‘n dag vol pret.

POLOKWANE – “Ons is nie moeg nie, ons is Tommies…”, word leerders, personeel en ouers van Tom Naudé verlede week aangemoedig tydens die jaarlikse Kaskarwedren.

Vroeg Vrydagoggend het leerders en hulle ouers opgewonde by die skool opgedaag, gereed vir ‘n dag vol pret. Die kuipe moes oudergewoonte mooigemaak word, aangesien dit deel van die kompetisie is.

Terwyl party besig is met die kuipe, het ander nog laaste verstellings aan die karre gemaak om seker te maak dit is lig, veilig en mooi.

Met die dat Tom Naudé vanjaar 75 kersies uitblaas, is die skepper van dié kompetisie, Barry de Vos, genooi om die wedren te begin.

Barry vertel hy het in 1984 by Hoërskool Langenhoven met die konsep na vore gekom en in 1993 het hy dit by Tom Naudé geïmplementeer.

“Ek was ‘n jong onderwyser met 27 seuns in my klas. As deel van die geldinsamelingsprojekte, moes ons ‘n koekverkoping hou. Die seuns was nie te vinde vir hierdie idee nie, en ons het besluit om van die dieretuin na Hartebeespoort en weer terug te stap. Dit was so 30myl (48.28km). Ons was wenners van die kompetisie en ek is die volgende jaar as geldinsamelingskoördineerder aangestel.”

Trapkarkompetisies was gewild veral by die verskillende universiteite in die land en Barry het self ook met ‘n trapkar gery.

“Ek het die idee van ‘n kaskarwedren by ‘n ander skool gesien en trapkarreëls toegepas. Dit was die begin van die kaskar.”

FOTO’S: Tommies se Kaskar sorg vir baie pret

Barry sê tereg dat kaskar ‘n manier is om totale betrokkenheid van leerders, ouers, personeel en die gemeenskap te kry. Deelnemers weet dat hulle ouers, sibbe en leerders van ander skole ook dikwels help met die stootwerk.

“Almal help stoot. Dit verg deursettingsvermoë, durf, stamina en spanwerk. Daar was van die begin af spesifieke reëls om die veiligheid van die deelnemers te verseker. Die karre moet buffers voor hê. Die tydsduur van die wedren is vyf ure en die drywers moet na elke rondte ruil. Die klas wat die meeste rondtes ry word as wenners aangewys.

Barry deel die groot geheim van kaskar wen: “Moenie jou kar in die eerste twee rondtes afskryf nie.”

Kaskardag is vol aktiwiteite waar wenners aangekondig word. Deel van die projek is ‘n fondsinsameling waar die leerders R318 637.47 ingesamel het asook produkte ter waarde van R948 022.49.

Meeste rondtes:

Juniors:
1. Gr. 9A met 98 rondtes.
2. Gr. 8H met 88 rondtes.
3. Gr. 8A met 85 rondtes.
Seniors:
1. Gr.12AB en gr.10A met 107 rondtes.
2. Gr.10A met 105 rondtes.
3. Gr.11AB met 96 rondtes.

Oggendprogram:

Juniors:
1. Gr.9A.
2. Gr.9F.
Seniors:
1. Gr. 12AB en gr.11B.
2. Gr. 10A en gr.10B.
• Mooiste kuip: Gr.9FG.
• Mooiste banier: Gr.12AB.
• Mooiste kar: Gr.12AB.
• Meeste gees: Gr.9FG en gr.12DE.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button