Suksesvolle gholfdag vir Nyl Boerevereniging
Die dag is gehou as deel van 'n geldinsamelingsprojek om die landelike veiligheid in die Nylgebied op te skerp.
MOKOPANE – Altesaam 132 spelers het verlede Donderdag hul slag kom wys tydens die Nyl Boerevereniging se 22ste gholfdag, wat gespeel is in ‘n vierbalalliansie met beste dryf.
Die borge se stalletjies was oral op die Kameeldoring Gholfklub se baan te sien en die spelers is daar aangemoedig terwyl daar in goeie gees gholf gespeel is.

Die span van VKB, onder leiding van Lucius van Schalkwyk, Deon Smith, Reynardt Maree en CG Kruger, het met die louere weggestap in die eerste plek na die dag se spel.

Henk van Emmenes, De Wet Kruger, Neville Barnard en Kennith Lachnicht slaan elkeen ‘n prys los vir naaste aan die pen en die Spraynetspan palm die prys vir die meeste gholf in.

Die prys vir die beste spangees gaan aan die NBM-span onder leiding van Walkie Kruger, Chris de Jongh, Swannie Swanepoel en Stanley Blount. Johan du Plessis was die wenner van die gelukkige trekking.
Die dag is gehou as deel van ‘n geldinsamelingsprojek om die landelike veiligheid in die Nylgebied op te skerp.

Na die goeie en geesdriftige gholf is daar heerlik saamgekuier.
Die Nyl Boereverenigingspan bedank al die ondersteuners en borge wat die dag moontlik gemaak het.




