Mnr. en Mej. PHS dra die Bridgerton-styl kroon
Tydens die finaliste se eie-inisiatiefitems, het hulle die gehoor behoorlik laat lag met komedievertonings, nabootsings en danse.
POLOKWANE – Die Bridgerton familiedrama, romanse en hartseer, wat gewoonlik op TV-skerms gevolg word, is verlede week as tema gebruik toe Mnr. en Mej. PHS 2025 Woensdagaand by dié skool aangebied is.
Die Pietieraad het behoorlik beïndruk met hulle 1800-modestyl en danspassies, maar die sterre van die aand het gesorg dat hulle nie gou vergeet sal word nie.
Die meisiefinaliste was Shani Potgieter, Amoré Duvenhage, Ziné Ferns, Lejané Bredenkamp, Mariné Schoeman en Gabby du Bruyn en onder die seuns het Ludke Pienaar, Luka Sinden, GJ Oosthuizen, Ben van Rheede van Oudtshoorn, Pieter Jordaan en Basson Wolmarans dié groep gehaal.
Tydens die finaliste se eie-inisiatiefitems, het hulle die gehoor behoorlik laat lag met komedievertonings, nabootsings en danse.
Wenners:
• Sosiale media gunsteling: Shani Potgieter.
• Beste eie inisiatief 2025: Amoré Duvenhage.
• Mej. Persoonlikheid: Ziné Ferns.
• Mnr. Persoonlikheid: Ludke Pienaar.
• Mej. Fotogenies: Lejané Bredenkamp.
• Mnr. Fotogenies: Luka Sinden.
• Tweede prins: GJ Oosthuizen.
• Tweede prinses: Mariné Schoeman.
• Eerste prins: Ben van Rheede van Oudtshoorn.
• Eerste prinses: Shani Potgieter.
• Mnr. PHS 2025: Pieter Jordaan.
• Mej. PHS 2025: Amoré Duvenhage.






