Nicolaë Nigrini, Christiwan en Zaney Augustyn sit op Dean Russel se motorfiets.
POLOKWANE – Inwoners van Ons Tuiste Ouetehuis sien reeds vir weke uit na die jaarlikse besoek van die motorfietsgemeenskap aan die tehuis.
Reeds van vroeg Saterdag het die geur van gebakte eiers en spek asook dié van pannekoek die inwoners uit die bed gejaag met die gedreun van motorfietse wat van ver reeds gehoor kan word.
Die jaarlikse Day Jol is ‘n samewerkende projek met Ullysses Bosveld en die Rotary Pietersburg 100. Benewens die heerlike ontbyt was daar ook ander stalletjies met iets van alles te koop. Die kinders kon hulle gate uit geniet op die springkasteel en sommige het selfs ‘n rit op ‘n motorfiets gekry.
Miguel Vilar, Delize Horn, Engela en Jacques Otto, Jorge Vilar, Reinhard Buytendag, Niek Buytendag en Corna Lourens.
Rolf en Lorraine Wiers woon ook die dag by.
Die Ullysses Bosveld lede saam met die bestuur van Ons Tuiste en verteenwoordiger van Rotary Pietersburg 100.
Die verskillende motorfietsklubs wat teenwoordig was sluit in Ullysses Bosveld, Born to Ride Free, Roadhogs Pietersburg en Phalaborwa, Just numbers, Mega Force, Aqulla, Ghost Riders, Crusaders, Clan Vernox en Alphas.
Wilma Prinsloo van Ullysses Bosveld sê daar is ongeveer R51 000 ingesamel, maar die kroeg se inkomste en ander uitgawes moet nog bygewerk word.
Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.