Local News

Reffie kuieroggend bou bande tussen ma’s en dogters

Die geleentheid is 'n jaarlikse tradisie ter viering van Vrouemaand en dit is die tweede jaar dat dit aangebied is.

POLOKWANE – Saterdag was die perfekte saamweesgeleentheid vir ma’s en dogters tydens Akademie Reformia se Ma-en-dogteroggend wat by The Village Theatre gehou is.

Hierdie oggend is aangebied deur die gr. 6-leerders en hul ouers. Die geleentheid is ‘n jaarlikse tradisie ter viering van Vrouemaand en dit is die tweede jaar dat dit aangebied is.

Dit het ten doel om ma’s en hul dogters, vriendinne en susters die geleentheid te gee om op hul verhoudings te fokus, inspirasie te kry en verryk te word in ‘n ruimte waar Christenvroue saamkom oor ‘n heerlike koppie koffie en goeie kos.

Die gasspreker was Santie Beeslaar, ‘n berader, en haar toespraak was getiteld ‘Aquafresh oomblik – alles in een’. Sy het haar lewe en studies daaraan gewy om in ‘n beroep te wees waar sy direk met mense kan kommunikeer en werk.

Sy het ma’s aangemoedig om moed te hou, want hulle is hul dogters se eerste beste vriendin en voorbeeld van hoe “om te wees”. Aan die dogters het sy gesê hulle is hul ma’s se hoop en drome. Sy het bygevoeg dat dit dalk nie altyd ‘n maklike pad is nie, maar beslis ‘n mooi een wat die moeite werd is.

Gaste is ook bederf met ‘n musiekoptrede deur Pierre Calitz, ‘n Reffie-pa wat dit geniet om saam met sy span musiek te maak. Pierre het in Mei sy eerste oorspronklike liedjie, ‘Slaap’, vrygestel en sy tweede enkelsnit, ‘Twilight Zone’, is Vrydag bekendgestel.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button