Local News

PLS wy lente in met kleurvolle fees

Jong en oud het PLS se sportterrein volgepak, met sommige sakeondernemings wat stalletjies opgerig het en 'n verskeidenheid kos, drinkgoed, speelgoed, roomys, springmielies en ander produkte deur die dag verkoop het.

POLOKWANE – Pietersburg Laerskool (PLS) se ondersteunersklub het verlede Saterdag ‘n Lentefees by die PLS Sportterrein aangebied ter ondersteuning van die skool.

Jong en oud het die sportterrein volgepak, met sommige sakeondernemings wat stalletjies opgerig het en ‘n verskeidenheid kos, drinkgoed, speelgoed, roomys, springmielies en ander produkte deur die dag verkoop het.

Daar was ook pretaktiwiteite vir kinders beskikbaar, soos die springkastele en Zorb-globe-opblaasballe waarin kinders kan klim en oor die veld rol.

Na die aktiwiteite, later in die aand, het die opgewonde besoekers ook die rugbywedstryd op ‘n groot skerm op die veld gekyk ter ondersteuning van die Springbokke wat Australië met 30–22 geklop het. Die vroue-SA-rugbyspan het Sondag ook gewen met ‘n telling van 29-24 teen Italië.

Kunstenaar Charlene van Rooyen, bekend as ‘DJ Scallywag’, was die spesiale gas wat die feesgangers vermaak het met ‘n verskeidenheid musiek. Voorsitter van die PLS Ondersteunersklub, Gerhard Groenewald, het aan Review gesê dat die geleentheid werklik ‘n sukses was en die klub waardeer almal wat tyd gemaak het om dit by te woon en te ondersteun.

“Daar was baie positiewe terugvoer van die skare. Ons waardeer dit.”

Groenewald het ook die borge bedank: East Park Inn by 10 Ooststraat, Splash, Bidvest, Bosveld Communications sowel as PLS vir die gebruik van die ruim rugbyveld.

“Dankie aan ‘n paar ander anonieme borge wat ook bygedra het tot die sukses van die geleentheid.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button