Local News

Familie verloor alles in brand; man in voorval oorlede

Annatjie benodig deurlopende mediese sorg en staan nou voor ‘n lewe sonder haar man, haar huis en al haar besittings.

POLOKWANE – Verlede Dinsdagoggend het Annatjie White en haar familie se lewens onherroeplik verander. Die huis waarin sy 30 jaar saam met haar man, Vincent White gewoon het – en wat hulle eiehandig gebou het – is binne minute deur ‘n brand verwoes. Vincent (74) is in die voorval oorlede.

Volgens Annatjie se dogter, Leatitea Potgieter, het sy net na 11:00 op 16 September die oproep van ‘n buurvrou ontvang wat paniekerig vertel het dat die karavaan langs die huis aan die brand was. Sy en haar verloofde, Pietie Neethling, het dadelik na die kleinhoewe gejaag, maar teen die tyd dat hulle daar aangekom het, was die vlamme reeds buite beheer. Motors, ‘n vragmotor en
die huis self was reeds in ligte laaie.

“Daar was net rook oral in die huis,” vertel Pietie. “Ons wag nog vir die forensiese verslag oor hoe die brand ontstaan het.”

Hy sê ‘n gasbottel het ontplof, en terwyl hulle daar was, het nog bottels begin bars. In die chaos het hy en ander mense rondom die huis probeer beweeg op soek na Vincent.

Hulle het hom uiteindelik in die badkamer gekry, maar hy was reeds oorlede.

“Ons het vermoed hy is daarbinne. Iemand het ‘n baksteen deur die glasdeur gegooi, maar die hek was gesluit. Ons het geroep en geroep, maar die huis was vol rook en ons kon niks sien nie,” sê Pietie. Toe die watersprinklerstelsel in die badkamer aanskakel, kon hulle vir Vincent sien.

Die voertuie wat in die brand verwoes is.

Tot Annatjie se groot verlies het sy ook die afgelope jare met Parkinson se siekte gesukkel en haar gesondheid het vinnig agteruitgegaan. Op die dag van die brand was sy saam met haar jonger dogter op pad na Nelspruit om vir ‘n tyd daar te kuier. Sy het dus alles verloor, behalwe die klere in haar tas.

Vincent en Annatjie het hul huis met hul eie hande opgebou, van fondasie tot dak. Vincent het sy loopbaan in meubelvervoer gemaak en was tot onlangs nog aktief in die bedryf.

Hy was passievol oor vragmotors en bekend vir sy liefde vir mense. “Hy was joviaal en het opreg in ander belang gestel. Ons kinders het daar grootgeword, en soveel herinneringe is nou vernietig,” sê Leatitea.

Annatjie benodig deurlopende mediese sorg en staan nou voor ‘n lewe sonder haar man, haar huis en al haar besittings. Die familie het intussen ‘n fondsinsameling van stapel gestuur om haar te ondersteun.

Vincent se begrafnis word op 27 September om 11:00 by die Lede in Christus Kerk in Hermanstraat gehou.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button