Local News

Martha Hofmeyr-inwoners opgedollie in hoede

Die senior burgers by SAVF Martha Hofmeyr Tehuis het verlede Donderdagoggend lekker pret gehad tydens hul vierde jaarlikse hoedekompetisie.

POLOKWANE – Die senior burgers by SAVF Martha Hofmeyr Tehuis het verlede Donderdagoggend lekker pret gehad tydens hul vierde jaarlikse hoedekompetisie.

Die sameroeper, Rini Lindhout, het verduidelik dat die doel van die geleentheid is om die inwoners besig te hou en vir hulle iets te gee waarna hulle kan uitsien. Ten spyte van hul senioriteit het hulle kreatiwiteit beslis deurgeskemer met die hoede.

Die beoordelaars was Sandra Visagie, Louise Smith en Ellen Koekemoer van SAVF Vergeet-My-Nie, wat die hoede beoordeel het op grond van kreatiwiteit, oorspronklikheid en die hoeveelheid werk wat daarin gegaan het.

Lindhout het opgemerk dat drie van die inwoners wat verlede jaar deelgeneem het, sedertdien oorlede is, en dat hierdie jaar se kompetisie aan hulle opgedra word. “Sommige van die inwoners hier is nie meer mobiel nie, maar daar is steeds ‘n vlam in hulle om aan te hou. Hulle het nie hul kreatiwiteit verloor nie,” het sy gesê.

Sy het spesiale melding gemaak van deelnemer Connie Marais, wat as ‘n bruid aangetrek was, maar wie se gesondheid die afgelope jaar drasties agteruitgegaan het. “Sy was verlede jaar die bruid, en ons het gevoel dit is gepas om haar weer vanjaar die bruid te maak. Ons bedank haar familie wat ingespring het en spesiaal ‘n nuwe uitrusting vir haar voorberei het,” het sy gesê.

Mooiste hoed:

1. Johanna Reynolds.

2. Chris Ferreira.

3. Marie Dorfling.

Mooiste kostuum:

1. Connie Marais.

2. Lawrence Kourie.

3. Magda Rasi.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button