Local News

NMS-leerder op die verhoog in Afrikaans

Leerders van NMS het Afrikaans se 100ste bestaansjaar gevier met 'n 'Nag van die Digters'-uitvoering, wat die talent van gr.4 tot 7 ten toon gestel het.

POLOKWANE – Afrikaans is vanjaar 100 jaar oud en leerders van Northern Muslim School (NMS) wat Afrikaans as eerste addisionele taal neem, het verlede Donderdagaand hierdie mylpaal gevier met ‘n optrede waartydens deelnemers uit gr. 4-7 die gehoor met kort Afrikaanse voordragte kon vermaak.

Die deelnemers het vooraf aan uitdunne deelgeneem en die tema van die aand was ‘Nag van die Digters’. Die leerders kon self kies watter gedigte hulle wou voordra en volgens NMS se kommunikasie- en bemarkingsbestuurder, Munira Khan, het die kompetisie ‘n geleentheid gebied om in Afrikaans voor ‘n gehoor op te tree.

Seremoniemeester Frieda Niemann het ‘n kort inleiding oor die geskiedenis van Afrikaans gelewer en die gehoor het nadergeskuif om hul ore te spits en hul opgewonde applous het dit duidelik gemaak dat hulle die insette goed ontvang is.

Beoordelaars Feizal Kimmie, Rowland Stander en Lize Botha het aandagtig na die voordragte geluister en ‘n moeilike taak gehad om die bestes uit die 19 deelnemers uit gr. 4-7 uit te sonder.

Beoordelaars Feizal Kimmie, Rowland Stander en Lize Botha luister aandagtig na die voordragte.

Zoya Patel (gr. 7), Arfa Anwar (gr. 6), Maryam Gatta (gr. 4) en Zihaad Mohamed (gr. 5) het as wenners van elke graad uit die stryd getree en trots hul sertifikate en medaljes in ontvangs geneem.

Botha was opgewonde om as beoordelaar op te tree. “Dit was vir my ‘n voorreg om as Afrikaanssprekende dame te luister na hierdie kinders wat vanaand die moed gehad het om tweede of selfs derde taal te kom uitdra. Mag ons altyd vir ons kinders leer om vreesloos te leef. Vreesloos om jouself te wees.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button