Local News

FOTO’S: Erica Familie Pretdag propvol samesyn

Die jaarlikse Erica Familie Pretdag by The Ranch Resort het nie net die skool se kleuters en hul gesinne nie, maar ook die breër gemeenskap bymekaargebring vir ’n dag van lag, beweeg en samesyn.

POLOKWANE – Dit gebeur nie elke dag dat gesinne mide-in die week kan wegbreek vir ’n dag vol son en pret nie, maar Erica Pre-Primêr het op 24 September sekergemaak dat dit moontlik is.

Die jaarlikse Familie Pretdag by The Ranch Resort het nie net die skool se kleuters en hul gesinne nie, maar ook die breër gemeenskap bymekaargebring vir ’n dag van lag, beweeg en samesyn.

Die dag het vroeg afgeskop met ’n gesinstap, waaraan selfs die viervoetige vriende deelgeneem het.

Daarna het fietsry die toneel oorgeneem, met jong en oud wat hul vernuf gewys het.

Die roetes het deur die oord gekronkel, waar deelnemers selfs wilde diere van ’n afstand kon beskou.

Vir diegene wat net wou uitspan, was daar gesigverf vir die kinders en vars koffie vir ouers – ’n ideale kombinasie vir ’n gesellige atmosfeer.

Teen 11:00 het die gholfkompetisie begin, met uitdagings en speletjies tussen die gaatjies wat bygedra het tot die feestelikheid.

Na ’n dag vol aktiwiteite het van die jong span reeds aan die slaap geraak, terwyl die ouers die kans gekry het om te ontspan en sommer reeds planne vir volgende jaar se pretdag kon begin beraam.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button