Local News

Osie Dian Forrester speel krieket vir SA Uitnodigingspan

Eers op 14 het Dian Forrester besef hy het ‘n talent vir krieket - en toe het die harde werk begin.

POLOKWANE – Wat vir Dian Forrester (25) as ’n kinderjare stokperdjie begin het, het ontwikkel in ’n professionele krieketloopbaan wat hom vandag as deel van die Suid-Afrikaanse Uitnodigingspan sien.

“As kind het my ouma altyd die televisie op krieket gehad en my pa het aksiekrieket gespeel. Ek het gereeld saamgegaan om te kyk, dis hoe die liefde vir die sport begin het,” vertel Dian.

Hy het die eerste keer ’n kolf op vierjarige ouderdom vasgehou, en teen sy laerskooldae by Oosskool het hy reeds gereeld gespeel.

Dian Forrester op die krieketveld.

Maar eers op 14 het hy besef hy het ‘n talent vir krieket – en toe het die harde werk begin.

Ná sy laerskooljare het hy eers by Hoërskool Pietersburg aangesluit, maar later oorgeskakel na Afrikaanse Seuns Hoërskool in Pretoria vir groter mededinging en meer geleenthede.

“Dit was die beste tyd van my lewe,” sê hy.

In 2023 het Dian se toewyding vrugte afgewerp toe hy ’n oproep kry dat hy vir die Suid-Afrikaanse Uitnodigingspan gekies is.

Dian Forrester op die krieketveld.

“Dit was ’n ongelooflike gevoel, ’n tree in die regte rigting waarvoor ek lank gewerk het,” vertel hy.

Dian is ’n veelsydige speler wat links kolf en regs boul.

“Ek geniet dit om links te kolf. Dit gee my meer opsies op die veld, en dit lyk sommer beter ook,” skerts hy. Hy kolf gewoonlik vierde of vyfde in die beurt en is dikwels die eerste bouler wanneer ’n nuwe bal begin gebruik word. Hy het reeds op 11-jarige ouderdom vir Limpopo begin speel en beskou die Leeus as sy grootste teenstanders. “Vierdagkrieket is my gunsteling. Dis waar jy regtig getoets word, jy moet vir lank konsentreer, maar dis die beste formaat wat daar is.”

Hoewel Dian nog baie jare van speel oor het, dink hy reeds aan die toekoms.

“Ek sal graag eendag wil afrig, maar my droom is om ’n kommentator te word. Ek is mal daaroor om wedstryde te ontleed en te bespreek.”

Vir jong spelers, veral sy geliefde Osies, het hy eenvoudige raad: “Geniet die spel. Oefen hard, maar moenie te streng op jouself wees nie. Slyp jou vaardighede, bou herinneringe – en speel altyd met ’n glimlag.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Maretha Swanepoel

My name is Maretha Swanepoel and I have worked at the Polokwane Review since 2012. The decision to become a journalist came at 04:00 one Friday morning while watching news of bombings in Afghanistan and I realised I wanted to be there. Some years later, I decided to rather stay in South Africa and join the industry due to my love for writing and curiosity. Even though I can write all beats, I love human interest and community news with some schools added to the mix. Telling someone’s story and using my camera to make memories is a privilege. My interests include animals (especially dogs) and mental health. I like to spend my time with my dogs and a good book. My family is important and takes second place in my heart. God is always first.

Related Articles

Back to top button